Hoe ontwerp jy ’n gevoel van "huis"?

Loading player...
Hoe ontwerp jy ʼn gevoel van “huis” en “saam” en “Afrikaans?”

Hoe ontwerp jy ’n virtuele tuiste vir Afrikaners wat regoor die wêreld versprei is? Wat sit jy op ’n tuisblad wat vir iemand 10 000 km van die huis af sê: Jy hoort hier. Hierdie is JOU huis, JOU Hartland. Jy’s nog deel van ons?

In vandag se episode van Grenslose Geselsies praat ons met Bianca Du Plooy, die grafiese ontwerper agter die elemente van die MyHartland-webtuiste. So pak jou virtuele tasse en kom saam met ons op ’n Afrikaanse kultuurreis na MyHartland.co.za.
11 Nov 2025 Afrikaans South Africa Leisure · Kids & Family

Other recent episodes

Hart tot hart saam met @Komyn & Komyntjie

Op sosiale media deel @Komyn & Komyntjie gereeld brokkies oor haar lewe – eerlik, eg, eenvoudig en met ‘n bietjie hoop. In vandag se episode van Grenslose Geselsies hoor gesels ons oor haar geloofspad, ma-wees in ‘n vreemde land, en hoe sy haar Afrikaanse identiteit verdiep het. Kom kuier saam.
29 Jan 23 min

'Huis is waar ons as gesin saam is'

Toe haar man vir meer as ‘n jaar gesukkel het om in Suid-Afrika werk te kry, is die Richardson-gesin gedwing om hul vlerke wyer uit te strek, en binne twee weke het haar man ‘n pos in Londen gehad. Terwyl hy daar vir sy gesin ‘n nuwe begin geskep het,…
17 Dec 2025 16 min

Kersfees in twee lande – die ware lig in die vreemde

Dis Kersoggend. In Suid-Afrika word die tafels ná kerk gedek vir ’n tradisionele feesmaal van skaapboud, gebraaide aartappels en heerlike bykosse. Dis lekker warm buite, die kinders swem en hardloop kaalvoet op die gras. In Kanada word dit eers laat lig. Op die stoep lê die sneeu dik, en binne…
17 Dec 2025 12 min

Geloftedag. Maak dit nog saak as ek in die buiteland woon?

Dis 16 Desember. Iewers in ’n sneeubedekte voorstad sit ’n Afrikaner gesin knus voor die kaggelvuur. Die kinders vra: “Mamma, wat vier ons vandag?” Die mamma probeer verduidelik, maar dis nie heeltemal so maklik nie. Tog is dit vir haar belangrik dat haar kinders moet verstaan wat Geloftedag is. Maar…
15 Dec 2025 17 min