NVG moet optree teen Prasa-hoofde: DA

Loading player...
Die DA vra die Nasionale Vervolgingsgesag om streng op te tree teen ses gewese uitvoerende hoofde van die Passasierspooragentskap wat betrek word by onregmatige kontrakte van 2,8-miljard Suid-Afrikaanse rand wat tussen 2010 en 2019 aangegaan is. Volgens ʼn verslag van die Spesiale Ondersoekeenheid het hierdie persone kontrakte gesluit sonder om die regte verkrygingsprosesse te volg. Dit sluit sekerheids-ooreenkomste van 1,6-miljard-rand in. Chris Hunsinger van die DA sê die NVG moet beslissend optree om aanspreeklikheid te verseker:
11 Nov 2025 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

UDM wil steun in Oos-Kaap herbou

Die UDM sê hy is vol vertroue dat die party steun in die Oos-Kaap sal herbou voor die plaaslike regeringsverkiesing later vanjaar. Leier Bantu Holomisa het in 'n toespraak voor die party se provinsiale raad in Mthatha, planne vir hernuwing uiteengesit en die belangrikheid van koalisiebestuur beklemtoon. Hy sê die…
1 Mar 5AM 1 min

Ramaphosa pleit vir vrede in Midde-Ooste

President Cyril Ramaphosa is diep kommer oor die toenemende spanning in die Midde-Ooste en waarsku dit is 'n ernstige bedreiging vir streeks- en wêreldvrede. Ramaphosa het alle partye aangespoor om maksimum selfbeheersing uit te oefen en ingevolge internasionale reg en die VN-Handves op te tree. Ramaphosa se woordvoerder Vincent Magwenya…
1 Mar 4AM 1 min

BEE hier om te bly, sê Mashatile

Swart ekonomiese bemagtiging sal nie geskrap word nie, sê adjunkpresident Paul Mashatile. Mashatile het tydens die tweede eerlike dialoog oor swart ekonomiese bemagtiging in Durban die noodsaak beklemtoon om diepgewortelde ekonomiese ongelykhede aan te spreek. Hy het erken daar is uitdagings met implementering, maar het praktiese optrede beklemtoon ten einde…
1 Mar 3AM 1 min

Vonke spat oor komitee wat SAPD ondersoek

Die Activists and Citizens Forum sê die geloofwaardigheid van die parlementêre ad hoc-komitee op beweerde korrupsie en wanbestuur in die Suid-Afrikaanse Polisiediens is in die weegskaal ná 'n onstuimige week van verrigtinge. Woordvoerder Dennis Bloem het die hantering van getuies, insluitend die Noordwes-sakeman Brown Mogotsi, en die forensiese ondersoeker Paul…
1 Mar 3AM 1 min

TalentsBridge 'n brug na Duitsland

TalentsBridge Namibia, wat in samewerking met die Berlynse Kamer van Handel en Nywerheid en TalentsBridge e.V. bekendgestel is, is daarop gemik om die land se hoë jeugwerkloosheid aan te pak, terwyl dit Duitsland sal help om in sy groeiende vraag na geskoolde werkers te voorsien. Die program sal na verwagting…
1 Mar 1AM 1 min