Bok-hulpafrigter sê Italianers is gevaarlik

Loading player...
Die Springbok-hulpafrigter Tony Brown sê hulle neem Italië nie ligtelik op nie, omdat hulle 'n gevaarlike span is. Albei spanne is vol selfvertroue vir Saterdag se botsing in Turyn, met Suid-Afrika wat Frankryk met 32-17 geklop het, terwyl Italië 'n oorwinning van 26-19 oor Australië behaal het. Brown sê die Italianers is 'n groot bedreiging by die afbreekpunte, en ook baie gevaarlik wanneer hulle ruimte en geleenthede kry:
12 Nov 2025 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ramaphosa pleit vir vrede in Midde-Ooste

President Cyril Ramaphosa is diep kommer oor die toenemende spanning in die Midde-Ooste en waarsku dit is 'n ernstige bedreiging vir streeks- en wêreldvrede. Ramaphosa het alle partye aangespoor om maksimum selfbeheersing uit te oefen en ingevolge internasionale reg en die VN-Handves op te tree. Ramaphosa se woordvoerder Vincent Magwenya…
1 Mar 4AM 1 min

BEE hier om te bly, sê Mashatile

Swart ekonomiese bemagtiging sal nie geskrap word nie, sê adjunkpresident Paul Mashatile. Mashatile het tydens die tweede eerlike dialoog oor swart ekonomiese bemagtiging in Durban die noodsaak beklemtoon om diepgewortelde ekonomiese ongelykhede aan te spreek. Hy het erken daar is uitdagings met implementering, maar het praktiese optrede beklemtoon ten einde…
1 Mar 3AM 1 min

Vonke spat oor komitee wat SAPD ondersoek

Die Activists and Citizens Forum sê die geloofwaardigheid van die parlementêre ad hoc-komitee op beweerde korrupsie en wanbestuur in die Suid-Afrikaanse Polisiediens is in die weegskaal ná 'n onstuimige week van verrigtinge. Woordvoerder Dennis Bloem het die hantering van getuies, insluitend die Noordwes-sakeman Brown Mogotsi, en die forensiese ondersoeker Paul…
1 Mar 3AM 1 min

TalentsBridge 'n brug na Duitsland

TalentsBridge Namibia, wat in samewerking met die Berlynse Kamer van Handel en Nywerheid en TalentsBridge e.V. bekendgestel is, is daarop gemik om die land se hoë jeugwerkloosheid aan te pak, terwyl dit Duitsland sal help om in sy groeiende vraag na geskoolde werkers te voorsien. Die program sal na verwagting…
1 Mar 1AM 1 min

VN se Guterres looi Amerika, Israel én Iran

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, het Israel en Amerika se aanval Saterdag op Iran veroordeel. Tydens ‘n noodvergadering van die VN se Veiligheidsraad in New York, het Guterres ook Iran se teenreaksie veroordeel, veral die skending van die territoriale soewereniteit van Bahrein, Irak, Jordanië, Koeweit, Katar, Saoedi-Arabië…
1 Mar 12AM 1 min