Nuutste syfers van mielie-oes lyk belowend

Loading player...
Vraag vir mielies beloop rondom 170 000 ton plaaslik. Met die goeie reënseisoen het Kosmos 94.1 met die Akkerbouraad gesels oor die tonnemaat wat tot dusver bemark en ingevoer is. Loide Uahengo, die bestuurder van akkerbou-ontwikkeling by die Akkerbouraad het die syfers.
12 Nov 2025 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

TalentsBridge 'n brug na Duitsland

TalentsBridge Namibia, wat in samewerking met die Berlynse Kamer van Handel en Nywerheid en TalentsBridge e.V. bekendgestel is, is daarop gemik om die land se hoë jeugwerkloosheid aan te pak, terwyl dit Duitsland sal help om in sy groeiende vraag na geskoolde werkers te voorsien. Die program sal na verwagting…
1 Mar 1AM 1 min

VN se Guterres looi Amerika, Israel én Iran

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, het Israel en Amerika se aanval Saterdag op Iran veroordeel. Tydens ‘n noodvergadering van die VN se Veiligheidsraad in New York, het Guterres ook Iran se teenreaksie veroordeel, veral die skending van die territoriale soewereniteit van Bahrein, Irak, Jordanië, Koeweit, Katar, Saoedi-Arabië…
1 Mar 12AM 1 min

Msimanga wil DA-voorsitter wees

Die DA Gauteng-leier Solly Msimanga het sy kandidatuur vir die party se federale voorsittersposisie aangekondig, wat tans deur die Wes-Kaapse LUR vir landbou, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, Ivan Meyer, beklee word. Msimanga het in Pretoria gepraat en klem gelê op die versterking van partystrukture, die interne desentralisering van mag en…
28 Feb 11PM 1 min

Zanzibar-waterprojek 'misplaaste prioriteit', sê AfriForum

AfriForum sê die regering se goedkeuring van Rand Water se 800 miljoen rand belegging in 'n Zanzibar-waterprojek is 'n bewys van sy misplaaste prioriteite. Die organisasie waarsku terwyl miljoene in die buiteland bestee word, worstel inwoners van Gauteng, Mpumalanga, die Vrystaat en Noordwes steeds met ernstige watertekorte. Marais de Vaal…
28 Feb 5AM 1 min

Iran sweer wraak op Israel, Amerika

Iran het wraak op Israel gesweer ná laasgenoemde vanoggend met lugaanvalle op die land begin het, gerugsteun deur Amerika. Iran beplan ‘n sterk reaksie, het die land se staatsbeheerde televisiekanaal berig. Intussen het die Israeliese weerman bevestig dat missiele van Iran na Israel op pad is. Ontploffings in die noorde…
28 Feb 5AM 1 min