Ekonoom sê oor goeie vertoning van SA-rand

Loading player...
Die Suid-Afrikaanse rand het vir die eerste keer sedert Februarie 2023 tot onder 17 per Amerikaanse dollar versterk, terwyl aandele en effekte gestyg het na die middeltermynbegrotingsopdatering wat 'n laer inflasieteiken en verbeterde fiskale vooruitsigte insluit. Die rand het soveel as 0,8 persent gestyg en sy sterkste vlak in byna drie jaar bereik, op grond van verwagtinge dat die sentrale bank rentekoerse langer hoër sal hou om prysstygings te demp. Die Johannesburgse aandele-maatstaf was Donderdag die wêreld se bespresterende aandele-indeks. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Klopper.
13 Nov 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Onthou ware boodskap van Kersfees, vra pastoor

Kersfees is uiteindelik hier en te midde van vieringe met familie en vriende, moet almal die ware boodskap van Kersfees, die geboorte van Jesus Christus, in gedagte hou. Plaaslike pastoor Brian Philander deel 'n boodskap van hoop en liefde. Hy lees uit die woord.
24 Dec 10PM 1 min

SA Raad van Kerke het nuwe hoop vir komende jaar

Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke wens lands- en streeksburgers ʼn vredevolle Kersfees toe saam met familie, en hernude hoop vir die jaar wat voorlê. Die raad se hoofsekretaris, Mzwandile Molo, sê hulle dink met dankbaarheid na oor 2025, maar is ook bekommerd oor die toestand in die land en die…
24 Dec 10PM 1 min

Kyk eerder na wette, infrastruktuur vir padveiligheid, Nekundi

Die IPC het vervoerminister Veikko Nekundi se plan om weerkaatsers op diere en hommeltuie te gebruik om die land se paduitdagings aan te spreek, gekritiseer. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het die IPC se skadu-vervoerminister, Nelson Kalangula, kommer uitgespreek oor die stadige vordering van die Padveiligheidsbestuurswetsontwerp, wat sedert…
24 Dec 5AM 1 min

Aussie leier bring boodskap van hoop, veerkragtigheid

Die Australiese eerste minister, Anthony Albanese, sê Kersfees sal vanjaar anders voel vir landsburgers na die terreuraanval op Joodse Australiërs tydens 'n Hannukah-viering op Bondi Beach. Die anti-semitiese slagting verlede Sondag het die lewens van 15 mense geëis. Albanese het die land se inwoners in sy Kersboodskap gevra om saam…
24 Dec 5AM 1 min