Families wat agterbly

Loading player...
Sy staan by die hek en waai lank nadat die kinders en kleinkinders deur die hekke op OR Tambo is. In haar hand ’n verrimpelde tissue, in haar hart ’n mengsel van trots en hartseer.

Vandag se Grenslose Geselsies praat saam met Sue-Ann de Wet van AfriForum Wêreldwyd oor dié wat agterbly, wat weekliks WhatsApp video calls maak, Kerspakkies moet pos en op spesiale dae met ’n leë stoel of twee (of drie) aan die etenstafel sit. Dié wat kan getuig dat emigrasie beslis nie ‘n eenrigtingreis is nie.
18 Nov Afrikaans South Africa Leisure · Kids & Family

Other recent episodes

Van Suid-Afrika na elders: Verlies, vryheid en volhoubaarheid

Langs my op die vliegtuig sit ‘n tannie. Sy is feitlik heeltemal grys met diep hartseer-plooie langs haar oë. Sy is op pad om vir haar kinders in Nederland te gaan kuier. Sy het haar seun en sy gesin drie jaar laas gesien... Op dié episode van Grenslose Geselsies –…
26 Nov 24 min

Hoe ontwerp jy ’n gevoel van "huis"?

Hoe ontwerp jy ʼn gevoel van “huis” en “saam” en “Afrikaans?” Hoe ontwerp jy ’n virtuele tuiste vir Afrikaners wat regoor die wêreld versprei is? Wat sit jy op ’n tuisblad wat vir iemand 10 000 km van die huis af sê: Jy hoort hier. Hierdie is JOU huis, JOU…
11 Nov 11 min

Kultuurskok

Vir baie mense klink emigrasie dikwels na ‘n avontuur, met nuwe geleenthede en ‘n vars begin. Maar vir duisende Afrikaners is dit veel meer as net ‘n skuif op ‘n kaart en ‘n nuwe avontuur. Want aanpassing in ’n nuwe land is nie net papierwerk nie. Dis ‘n kultuurskok. In…
4 Nov 12 min