Swakop gaan voort met vuurwerke, ten spyte van petisie

Loading player...
Ten spyte van 'n voortdurende petisie daarteen, gaan die Swakopmund-munisipaliteit voort met sy beplande Oujaarsaand-vuurwerkvertoning, wat na raming 100 000 Namibiese dollar sal kos. Munisipale woordvoerder Linda Mupupa het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die geleentheid is bedoel as 'n gesinsvriendelike dag en is teruggebring na jare waartydens ongereguleerde privaat vuurwerke frustrasie veroorsaak het.
18 Nov 2025 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Zanzibar-waterprojek 'misplaaste prioriteit', sê AfriForum

AfriForum sê die regering se goedkeuring van Rand Water se 800 miljoen rand belegging in 'n Zanzibar-waterprojek is 'n bewys van sy misplaaste prioriteite. Die organisasie waarsku terwyl miljoene in die buiteland bestee word, worstel inwoners van Gauteng, Mpumalanga, die Vrystaat en Noordwes steeds met ernstige watertekorte. Marais de Vaal…
28 Feb 5AM 1 min

Iran sweer wraak op Israel, Amerika

Iran het wraak op Israel gesweer ná laasgenoemde vanoggend met lugaanvalle op die land begin het, gerugsteun deur Amerika. Iran beplan ‘n sterk reaksie, het die land se staatsbeheerde televisiekanaal berig. Intussen het die Israeliese weerman bevestig dat missiele van Iran na Israel op pad is. Ontploffings in die noorde…
28 Feb 5AM 1 min

Ghana wil soldate uit Oekraïne terughê

Ghana se minister van buitelandse sake, Samuel Okudzeto Ablakwa, het Oekraïne versoek om Ghanese burgers wat vir die oorlog gewerf is, vry te laat. Ten minste 55 Ghanese is dood, met twee wat as krygsgevangenes aangehou word. Na gesprekke met president Volodymyr Zelensky in Kiëf, sê Ablakwa dat ongeveer 272…
28 Feb 3AM 1 min

Sokker: Namibië se Gladiators teen SA in Cosafa-finaal

Namibië se vroue-sokkerspan, die Brave Gladiators, kom môre teen Suid-Afrika in die finaal van die Cosafa Vrouebeker te staan. Die Gladiators het Vrydag geskiedenis gemaak deur vir die eerste keer ooit na die eindstryd van dié kampioenskap deur te dring toe hulle Zambië 1-0 in hul semifinaal verslaan het. Môre…
28 Feb 2AM 1 min

Nanso ruk op op Otji oor beweerde polisie-aanrandings

Leerders en die gemeenskap van Otjiwarongo het Vrydag saam met die Namibiese Nasionale Studente-organisasie, Nanso, opgeruk om ‘n petisie aan die polisie te oorhandig as protes teen die onlangse beweerde aanranding van 31 seuns van die Karundu Junior Sekondêre Skool. Nege polisiebeamptes het glo in klastyd by die skool opgedaag…
28 Feb 1AM 1 min