Franco Smith - Baie trots op Ox Nché
Loading player...
Die oud-Toyota Cheetahs- en Shimlas-afrigter, Franco Smith, is vol lof vir die Springbok-stut Ox Nché nadat die 30-jarige speler vir die Wêreld Rugby Speler van die Jaar eerbewys benoem is.
Nché is die eerste stut in die geskiedenis wat vir hierdie gesogte toekenning genomineer word, en hy sal te staan kom teen sy spanmaats Pieter-Steph du Toit en Malcolm Marx, sowel as die Franse vleuel Louis Bielle-Biarrey.
Smith het aan OFM Sport gesê Nché is ’n goeie voorbeeld van hoe ’n Springbok sy waardes moet uitleef, en hy hoop dat die sterk voorryman die eerbewys kan wen, want hy verdien dit, en die Vrystaat moet trots wees dat daar ’n seun van die provinsie in aanmerking kom vir die grootste individuele toekenning in rugby.