Rusland kan nie vergoed word vir aggressie nie - EU

Loading player...
Die Oekraïnse president, Volodymyr Zelensky, sê hy sal met Amerikaanse president Donald Trump onderhandel oor 'n Amerikaans-gesteunde konsep-vredesplan wat 'n beroep op Kiëf gedoen het om pynlike toegewings te maak ten einde Rusland se inval in sy land te beëindig. Zelensky se kantoor het bevestig dat hy in die komende dae met Trump sal praat oor bestaande diplomatieke geleenthede en die hoofpunte wat nodig is vir vrede. Kiëf is nie geraadpleeg oor die plan, wat nie vrygestel is nie. Kaja Kallas, visepresident van die EU-kommissie, het gepraat na 'n ministersvergadering:
21 Nov 2025 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Sunnyside ontaard in misdaadnes, sê forum

Die woordvoerder van die Activists and Citizens Forum, Dennis Bloem, sê die Pretoriase voorstad Sunnyside is skynbaar oorgeneem deur buitelandse burgers, met bewerings van wydverspreide wetteloosheid en dwelmaktiwiteite. Inwoners beweer geboue is gekaap en misdade, insluitend uitbuiting en dwelmaktiwiteite, word gepleeg sonder polisie-optrede. Bloem doen 'n beroep op die dringende…
4 May 6AM 1 min

Ontwikkeling moet verantwoordelik wees, sê Witbooi

Visepresident Lucia Witbooi sê haar besoek Sondag aan Hyphen Energy-projek in die Tsau ||Khaeb Nasionale Park het Namibië se verbintenis tot verantwoordelike ontwikkeling herbevestig. Sy het beklemtoon dat ekonomiese vooruitgang hand aan hand moet gaan met omgewingsbeskerming en die bewaring van kulturele erfenis. Witbooi het die belang van betekenisvolle deelname…
4 May 6AM 1 min

ISAP se Junior Rangers woeker in bos

Die Intelligence Support against Poaching, of ISAP, se Junior Ranger-kursus wat Saterdag begin het en tot 10 Mei duur, is in volle swang. Die kamp, wat kinders van 13 tot 18 jaar onder meer leer spoorsny, toerus met basiese oorlewingsvaardighede en ‘n magdom kennis van die natuur, kweek ook respek…
4 May 4AM 1 min

MTC verbeter konnektiwiteit by Rössing

MTC het vier LTE-netwerktorings by Rössing Uranium bekendgestel om konnektiwiteit by die myn te verbeter. Die projek sal mobiele stem- en hoëspoed-datadienste in sleutelbedryfsgebiede reg oor die myn verskaf. MTC-woordvoerder Erasmus Nekundi het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die LTE-netwerk koördinering tussen spanne sal ondersteun en vinniger besluitneming op…
4 May 3AM 1 min

Tennis: Sinner maak geskiedenis met Meesterstitels

Die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner, het die Madrid Ope gewen en die eerste man geword wat vyf agtereenvolgende Meesterstitels buit. Die Italianer het met die Duitser, Alexander Zverev, afgereken. Hy spog nou met 28 agtereenvolgende seges op hierdie vlak, insluitend die titel in Parys verlede jaar, en Indian Wells, Miami en…
4 May 2AM 1 min