Rusland kan nie vergoed word vir aggressie nie - EU

Loading player...
Die Oekraïnse president, Volodymyr Zelensky, sê hy sal met Amerikaanse president Donald Trump onderhandel oor 'n Amerikaans-gesteunde konsep-vredesplan wat 'n beroep op Kiëf gedoen het om pynlike toegewings te maak ten einde Rusland se inval in sy land te beëindig. Zelensky se kantoor het bevestig dat hy in die komende dae met Trump sal praat oor bestaande diplomatieke geleenthede en die hoofpunte wat nodig is vir vrede. Kiëf is nie geraadpleeg oor die plan, wat nie vrygestel is nie. Kaja Kallas, visepresident van die EU-kommissie, het gepraat na 'n ministersvergadering:
21 Nov 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Twee liggame in Hennopsrivier gevind

Twee mense wat deur vloedwater meegesleur is, is in die Hennopsrivier in Centurion gevind. Die woordvoerder van die Stad Tshwane se Nooddiensdepartement, Nana Radebe-Kgiba, sê hulle het Sondag dringend ʼn soektog begin nadat hulle berigte van vermiste persone ontvang het. Sy sê die reddingspan het die liggame in die voertuig…
24 Dec 4AM 1 min

Siya sê hy wil nader aan sy kinders wees

Rugby: Springbok-kaptein Siya Kolisi sê dit was 'n moeilike besluit om die Sharks te verlaat. Vyf jaar nadat hy die Stormers te midde van die ineenstorting van die unie verlaat het, sal die 34-jarige terugkeer na die klub waar hy vroeër naam gemaak het. Die Sharks, wat 17-miljoen Suid-Afrikaanse rand…
24 Dec 4AM 1 min

Australië deporteer dalk Brit oor Nazi-simbole

ʼn Britse burger wat aangekla is dat hy Nazi-simbole vertoon, se Australiese visum is teruggetrek en hy gaan moontlik na die Verenigde Koninkryk gedeporteer word. Dit volg terwyl die land toeslaan op anti-Semitisme na die massamoord op Bondi-strand. Die 43-jarige man is ook vroeër die maand aangekla dat hy op…
24 Dec 2AM 1 min

Orlando Pirates-afrigter prys hoë Afcon-standaarde

Sokker: Orlando Pirates se afrigter, Abdeslam Ouaddou, sê die Afrikabekertoernooi verhoog steeds die standaard van sokker in Afrika. Ouaddou het in Marokko die CAF-president, Patrice Motsepe, geprys vir die verbetering van organisasie, fasiliteite en veldgehalte oor die hele vasteland. Ouaddou sê hierdie verbeterings sal een van die beste Afrikabekertoernooie lewer…
24 Dec 2AM 1 min

Ekonomiese groei sal na verwagting voortduur

Namibië se ekonomiese groei sal na verwagting in 2026 en die daaropvolgende jare verder verbeter. Die ekonomie het met 1,9-persent in die derde kwartaal gegroei. Dit is gelei deur die tersiêre sektor, wat met 4,1-persent uitgebrei het, ondersteun deur groothandel- en kleinhandel, onderwys, openbare administrasie en verdediging. Die Simonis Storm…
24 Dec 1AM 1 min