Konstruksiebedryf sien blink moontlikhede in Suide

Loading player...
Namibië se konstruksiebedryf is dalk nog ver van volle herstel, maar die sektor se vooruitsigte begin uiteindelik ophelder. Die uitvoerende hoof van die Konstruksie Industrie Federasie, Bärbel Kirchner, sê momentum is besig om op te bou, gedryf deur groot openbare en private projekte in energie, water, hawens, logistiek en industriële ontwikkeling. Sy beklemtoon Lüderitz en die breër Karas-streek as uitstaande brandpunte. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
21 Nov 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Twee liggame in Hennopsrivier gevind

Twee mense wat deur vloedwater meegesleur is, is in die Hennopsrivier in Centurion gevind. Die woordvoerder van die Stad Tshwane se Nooddiensdepartement, Nana Radebe-Kgiba, sê hulle het Sondag dringend ʼn soektog begin nadat hulle berigte van vermiste persone ontvang het. Sy sê die reddingspan het die liggame in die voertuig…
24 Dec 4AM 1 min

Siya sê hy wil nader aan sy kinders wees

Rugby: Springbok-kaptein Siya Kolisi sê dit was 'n moeilike besluit om die Sharks te verlaat. Vyf jaar nadat hy die Stormers te midde van die ineenstorting van die unie verlaat het, sal die 34-jarige terugkeer na die klub waar hy vroeër naam gemaak het. Die Sharks, wat 17-miljoen Suid-Afrikaanse rand…
24 Dec 4AM 1 min

Australië deporteer dalk Brit oor Nazi-simbole

ʼn Britse burger wat aangekla is dat hy Nazi-simbole vertoon, se Australiese visum is teruggetrek en hy gaan moontlik na die Verenigde Koninkryk gedeporteer word. Dit volg terwyl die land toeslaan op anti-Semitisme na die massamoord op Bondi-strand. Die 43-jarige man is ook vroeër die maand aangekla dat hy op…
24 Dec 2AM 1 min

Orlando Pirates-afrigter prys hoë Afcon-standaarde

Sokker: Orlando Pirates se afrigter, Abdeslam Ouaddou, sê die Afrikabekertoernooi verhoog steeds die standaard van sokker in Afrika. Ouaddou het in Marokko die CAF-president, Patrice Motsepe, geprys vir die verbetering van organisasie, fasiliteite en veldgehalte oor die hele vasteland. Ouaddou sê hierdie verbeterings sal een van die beste Afrikabekertoernooie lewer…
24 Dec 2AM 1 min

Ekonomiese groei sal na verwagting voortduur

Namibië se ekonomiese groei sal na verwagting in 2026 en die daaropvolgende jare verder verbeter. Die ekonomie het met 1,9-persent in die derde kwartaal gegroei. Dit is gelei deur die tersiêre sektor, wat met 4,1-persent uitgebrei het, ondersteun deur groothandel- en kleinhandel, onderwys, openbare administrasie en verdediging. Die Simonis Storm…
24 Dec 1AM 1 min