ʼn Britse burger wat aangekla is dat hy Nazi-simbole vertoon, se Australiese visum is teruggetrek en hy gaan moontlik na die Verenigde Koninkryk gedeporteer word. Dit volg terwyl die land toeslaan op anti-Semitisme na die massamoord op Bondi-strand. Die 43-jarige man is ook vroeër die maand aangekla dat hy op…
Sokker: Orlando Pirates se afrigter, Abdeslam Ouaddou, sê die Afrikabekertoernooi verhoog steeds die standaard van sokker in Afrika. Ouaddou het in Marokko die CAF-president, Patrice Motsepe, geprys vir die verbetering van organisasie, fasiliteite en veldgehalte oor die hele vasteland. Ouaddou sê hierdie verbeterings sal een van die beste Afrikabekertoernooie lewer…
Namibië se ekonomiese groei sal na verwagting in 2026 en die daaropvolgende jare verder verbeter. Die ekonomie het met 1,9-persent in die derde kwartaal gegroei. Dit is gelei deur die tersiêre sektor, wat met 4,1-persent uitgebrei het, ondersteun deur groothandel- en kleinhandel, onderwys, openbare administrasie en verdediging. Die Simonis Storm…
Die jongste Jeffrey Epstein-verwante dokumente wat die Amerikaanse Justisiedepartement Dinsdag vrygestel het, toon president Donald Trump het meer as wat voorheen berig is, op die veroordeelde seksoortreder en finansier se privaat vliegtuig gereis. Hy was tussen 1993 en 1996 op minstens agt vlugte, insluitend minstens vier waarop Epstein se vennoot,…
Amerikaanse president Donald Trump sê die beste stap vir Venezuela se president Nicolás Maduro is om uit te tree. Spanning tussen die twee lande is aan die toeneem, te midde van 'n massiewe Amerikaanse vlootopbou in die Karibiese See. Trump plaas druk op Maduro, onder meer met pogings om sy…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.