Presidensie nie beïndruk met Amerikaanse beledigings

Loading player...
Die Presidensie sê Suid-Afrika is ʼn soewereine, grondwetlike demokratiese land en is nie beïndruk dat ʼn ander land die waarde van sy deelname aan globale platforms bevraagteken nie. Die Amerikaanse president, Donald Trump, het gesê Suid-Afrika sal nie genooi word na volgende jaar se G20-leiersberaad in Florida nie omdat die regering weier om menseregteskendings teen Afrikaners te erken. President Cyril Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê Suid-Afrika sal nie ʼn ander land of sy stand in die wêreld beledig nie:
27 Nov 2025 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Saai soek oorgrens-optrede om BKS te beperk

Die landbou-organisasie Saai sê onbeheerde veebeweging oor grense en swak plaaslike strukture in Suid-Afrika vererger die verspreiding van bek-en-klouseer. Hy waarsku die huidige inentingspogings kan misluk sonder sterker koördinering, naspeurbaarheid en afdwinging. Theo de Jager van die organisasie sê die eerste bevestigde bek-en-klouseer-uitbreking in Lesotho dui aan 'n streeksbenadering is…
27 Feb 10AM 1 min

Proteas onderskat nie Zimbabwe by T20-Wêreldbeker

Krieket: Die Proteas het deurgedring na die halfeindronde van die T20-Wêreldbekertoernooi nadat hulle die Wes-Indiese Eilande in Ahmedabad met nege paaltjies verslaan het, en die verdedigende kampioen, Indië, Zimbabwe in Chennai met 72 lopies geklop het. Die Proteas sal nou probeer om hul onoorwonne rekord voort te sit wanneer hulle…
27 Feb 10AM 1 min

Amushelelo lei sekuriteitswagte in minimumloon-betogings

Gemeenskapsaktivis Michael Amushelelo het vanoggend 'n reeks protesoptogte in Windhoek gelei om nakoming van die nuut aangekondigde nasionale minimumloon van 16 Namibiese dollar per uur vir sekuriteitswagte te eis. Amushelelo het verskeie sekuriteitsfirmas gekritiseer omdat hulle werknemers ver onder die minimumloon betaal. Die groep het 'n petisie aan die lynministerie…
27 Feb 9AM 1 min

Só gaan regering se BTW-inkomste vermeerder

Finansminister Ericah Shafudah verwag 'n groot toename in BTW-inkomste vir die 2026/27-boekjaar, van 20 miljard Namibiese dollar in die huidige een tot 23 miljard dollar in die volgende een. Met die lewering van haar 2026/27-nasionale begroting het Shafudah 'n reeks hervormings ingestel om hierdie toename moontlik te maak. Kosmos 94.1…
27 Feb 9AM 1 min