Brand by Rundu-landdroshof 'dalk gestig'

Loading player...
Die Regbank het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die brand wat by die Rundu-landdroshof uitgebreek het. Delila Salatiel sê gebeurlikheidsplanne is reeds in plek gestel.
27 Nov 2025 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Madlanga-kommissie bereik 100 dae-mylpaal

Die Madlanga-kommissie vier vandag 100 dae van volle sittings, wat misdaad, politieke inmenging en korrupsie in die Suid-Afrikaanse Polisiediens ondersoek. Die kommissie het reeds meer as 37 getuies aangehoor nadat die taakspan vir Politieke Moorde ontbind is deur die geskorste polisieminister Senzo Mchunu, soos uitgewys deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris Nhlanhla…
4 May 12AM 1 min

Sokker: Durban City pronk met Nedbankbeker

Durban City FC is as die 2026 Nedbankbeker-kampioene gekroon met prysgeld van sewe miljoen rand na 'n 2-1 oorwinning oor TS Galaxy by die nuwe Peter Mokaba-stadion in Polokwane, Limpopo. Mfanafuthi Mkhize het die telling in die tweede helfte gelyk gemaak voordat Jean Lwamba die wendoel aangeteken en vergoed het…
3 May 6AM 1 min

Miljoene vir nuwe pad in Ohangwena

Die vervoerministerie het amptelik distrikspad D4119 van Omulondo na Oshuuli in die Ohangwena-streek geopen, wat teen 'n koste van 53 miljoen Namibiese dollar gebou is. Die 23-kilometer lange pad is ontwikkel deur Namibies-Duitse samewerking. Ursula Hein-Rooinasie, sektorkoördineerder by die KfW Ontwikkelingsbank, sê Duitsland het tot dusver die konstruksie van meer…
3 May 5AM 1 min

NCC-leier beskuldig polisie van intimidasie

Die leier van die National Coloured Congress, Fadiel Adams, het die polisie van intimidasie en onwettige gedrag beskuldig na 'n klopjag op sy vorige huis in Mitchells Plain, Kaapstad. Adams beweer beamptes met kopmusse en sonder enige identifisering het die verkeerde adres geteiken en kon nie 'n lasbrief voorlê nie…
3 May 5AM 1 min

Gideon Nust se nuwe visekansalier

Die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie, Nust, het professor Frednand Gideon as die nuwe visekanselier aangestel, effektief 1 Augustus. Hy sal professor Andrew Niikondo opvolg, wat sedert Oktober 2025 in 'n waarnemende hoedanigheid dien. Nashilongo Gervasius, Nust se direkteur van korporatiewe betrokkenheid, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
3 May 4AM 1 min