Luvindao maan teen paniek oor cholera en ander uitbrekings

Loading player...
Gesondheidsminister Esperance Luvindao het Vrydag ‘n beroep op die publiek gedoen om nie paniekerig te raak oor die uitbrekings van cholera, M-pokke, Krim-Kongo-hemorragiese koors, masels en polio in die Namibië nie. Luvindao het tydens ‘n nuuskonferensie gesê die uitbrekings beklemtoon die noodsaaklikheid van beter sanitasie-infrastruktuur in die land. Dit verg ook ‘n multisektorale benadering waarin die betrokkenheid van die gemeenskap sentraal staan:
29 Nov 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Miljoene vir selfone kon beter bestee word

Die regering het ongeveer 4 miljoen Namibiese dollar bestee om parlementslede van luukse iPhones en Samsung-fone te voorsien, volgens die Namibia Business Review. Daar is altesaam 142 parlementslede, 104 in die Nasionale Vergadering en 42 in die Nasionale Raad. Kabinetsministers word egter uitgesluit van die ontvangs van hierdie toestelle. Die…
1 Dec 12AM 1 min

Repokoers word Woensdag aangekondig

Namibië se monetêre beleidskomitee vergader vandeesweek en die meeste ekonomiese aanwysers is ten gunste van die verlaging van die sentrale bank se repokoers. Kosmos 94.1 Nuus het met Simonis Storm-ontleder Almandro Jansen gepraat. Hy verduidelik hoekom hy goeie rentekoersnuus Woensdag verwag:
30 Nov 11PM 1 min

Reaksie op uiters lae opkoms in verkiesing

Die uiters lae stempersentasie in verlede week se streeksraad- en plaaslike owerheidsverkiesings het dalk ‘n rol gespeel het in Swapo se goeie vertoning by die stembus. Die stempersentasie in die streeksraadverkiesing was 40,6 persent en 36,3 persent in die plaaslike owerheidsverkiesing. Swapo het 63,35 persent van die stemme in die…
30 Nov 11PM 1 min

Akkerbourvooruitsigte lyk goed vir 2026

Akkerbouvooruitsigte vir volgende jaar lyk baie belowend en dié subsektor se waardetoevoeging tot die Namibiese ekonomie sal na verwagting meer as drie miljard Namibiese dollar beloop. Kosmos 94.1 Nuus het met Emilie Abraham van die Akkerbouraad van Namibië oor die algehele oesvooruitsigte vir 2026 gepraat:
30 Nov 10PM 1 min