Nuwe instituut wil beleggingsbeleid takel

Loading player...
Die beleidslandskap in Namibië het die afgelope paar jaar verdor en beleggings, wat broodnodig is vir werkskepping, laat verwelk. Die nuutgestigde Namibiese Instituut vir Ekonomiese Beleid, oftewel NIEP, gaan deur datagedrewe navorsing ‘n aktiewe rol in die ontleding van en debatvoering oor regeringsbeleid speel om sodoende beleidsrigtings te ondersteun en te dryf wat huishoudelike inkomste en werkskepping verhoog. Ekonoom Rowland Brown, medestigter van NIEP, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels:
2 Dec 2025 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Saai soek oorgrens-optrede om BKS te beperk

Die landbou-organisasie Saai sê onbeheerde veebeweging oor grense en swak plaaslike strukture in Suid-Afrika vererger die verspreiding van bek-en-klouseer. Hy waarsku die huidige inentingspogings kan misluk sonder sterker koördinering, naspeurbaarheid en afdwinging. Theo de Jager van die organisasie sê die eerste bevestigde bek-en-klouseer-uitbreking in Lesotho dui aan 'n streeksbenadering is…
27 Feb 10AM 1 min

Proteas onderskat nie Zimbabwe by T20-Wêreldbeker

Krieket: Die Proteas het deurgedring na die halfeindronde van die T20-Wêreldbekertoernooi nadat hulle die Wes-Indiese Eilande in Ahmedabad met nege paaltjies verslaan het, en die verdedigende kampioen, Indië, Zimbabwe in Chennai met 72 lopies geklop het. Die Proteas sal nou probeer om hul onoorwonne rekord voort te sit wanneer hulle…
27 Feb 10AM 1 min

Amushelelo lei sekuriteitswagte in minimumloon-betogings

Gemeenskapsaktivis Michael Amushelelo het vanoggend 'n reeks protesoptogte in Windhoek gelei om nakoming van die nuut aangekondigde nasionale minimumloon van 16 Namibiese dollar per uur vir sekuriteitswagte te eis. Amushelelo het verskeie sekuriteitsfirmas gekritiseer omdat hulle werknemers ver onder die minimumloon betaal. Die groep het 'n petisie aan die lynministerie…
27 Feb 9AM 1 min

Só gaan regering se BTW-inkomste vermeerder

Finansminister Ericah Shafudah verwag 'n groot toename in BTW-inkomste vir die 2026/27-boekjaar, van 20 miljard Namibiese dollar in die huidige een tot 23 miljard dollar in die volgende een. Met die lewering van haar 2026/27-nasionale begroting het Shafudah 'n reeks hervormings ingestel om hierdie toename moontlik te maak. Kosmos 94.1…
27 Feb 9AM 1 min