Lede van die Rehoboth-gemeenskap het Maandag by die landdroshof op die dorp betoog voordat twee vermeende dwelmhandelaars in die hof verskyn het. Die lede het ook 'n petisie by die polisie en die landdroshof ingedien dat borgtog vir alle verdagtes in dwelmverwante sake geweier word. Dit volg op die inhegtenisame…
Terwyl Namibiërs die paaie vir die feestyd aandurf, word motoriste aangespoor om algemene foute te vermy wat dikwels tot ernstige ongelukke lei. Aubrey Oosthuizen van Code Red Medical Services in Swakopmund en koördineerder van die Weskus-Veiligheidsinisiatief, het belangrike padveiligheidsadvies met Kosmos 94.1 Nuus gedeel om 'n veiliger feestyd te verseker.
Die KwaZulu-Natalse Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake sê rampbestuurspanne is op hoë gereedheid geplaas. Dit volg nadat stortreën tot oorstromings gelei het wat drie lewens geëis, en paaie en infrastruktuur beskadig het. Die drie slagoffers is dood nadat hul voertuig in Longacres Drive in Amanzimtoti meegesleur is. Die…
Sokker: Bafana Bafana het hul Afrikabekertoernooi met ʼn oorwinning afgeskop nadat hulle Angola met 2-1 verslaan het in ʼn opwindende Groep B-wedstryd op die Marrakesj-stadion. Oswin Appollis en Lyle Foster se doele het Suid-Afrika se oorwinning beklink. Die sewemalige kampioene, Egipte, het Zimbabwe met 2-1 verslaan terwyl Mali en Zambië…
Namibië is 104ste uit 190 lande geplaas op die Wêreldbank se Ease of Doing Business-ranglys. Dit is bewys van burokrasie en ander uitdagings om nie net ‘n besigheid te stig nie, maar ook sake te doen. In lande soos Rwanda betaal nuwe kleinbesighede niks om besighede te begin nie. Kosmos…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.