Werksgeleenthede en die pad terug na SA – jy begin nie oor nie, jy begin op!

Loading player...
Daar is ‘n vrees wat binne talle Afrikaners in die buiteland skuil: “Wat as ek teruggaan, maar nie werk kry nie?”
Jy het dalk ’n CV wat van jou internasionale sukses getuig. Jy’t dalk al vir reuse-maatskappye gewerk, verskillende tydsones bestuur… maar hoe klink en lyk dit in Afrikaans? In Suid-Afrika?
In dié episode van Grenslose Geselsies gesels Marisa Engelbrecht Mandy Thackwray van Solidariteit Werk oor realistiese werksgeleenthede, sektore wat groei, en hoe jy jouself kan voorberei sodat jy nie weer onder hoef te begin nie.
2 Dec 2025 Afrikaans South Africa Leisure · Kids & Family

Other recent episodes

Hart tot hart saam met @Komyn & Komyntjie

Op sosiale media deel @Komyn & Komyntjie gereeld brokkies oor haar lewe – eerlik, eg, eenvoudig en met ‘n bietjie hoop. In vandag se episode van Grenslose Geselsies hoor gesels ons oor haar geloofspad, ma-wees in ‘n vreemde land, en hoe sy haar Afrikaanse identiteit verdiep het. Kom kuier saam.
29 Jan 23 min

'Huis is waar ons as gesin saam is'

Toe haar man vir meer as ‘n jaar gesukkel het om in Suid-Afrika werk te kry, is die Richardson-gesin gedwing om hul vlerke wyer uit te strek, en binne twee weke het haar man ‘n pos in Londen gehad. Terwyl hy daar vir sy gesin ‘n nuwe begin geskep het,…
17 Dec 2025 16 min

Kersfees in twee lande – die ware lig in die vreemde

Dis Kersoggend. In Suid-Afrika word die tafels ná kerk gedek vir ’n tradisionele feesmaal van skaapboud, gebraaide aartappels en heerlike bykosse. Dis lekker warm buite, die kinders swem en hardloop kaalvoet op die gras. In Kanada word dit eers laat lig. Op die stoep lê die sneeu dik, en binne…
17 Dec 2025 12 min

Geloftedag. Maak dit nog saak as ek in die buiteland woon?

Dis 16 Desember. Iewers in ’n sneeubedekte voorstad sit ’n Afrikaner gesin knus voor die kaggelvuur. Die kinders vra: “Mamma, wat vier ons vandag?” Die mamma probeer verduidelik, maar dis nie heeltemal so maklik nie. Tog is dit vir haar belangrik dat haar kinders moet verstaan wat Geloftedag is. Maar…
15 Dec 2025 17 min