Sokker: Bafana Bafana het hul Afrikabekertoernooi met ʼn oorwinning afgeskop nadat hulle Angola met 2-1 verslaan het in ʼn opwindende Groep B-wedstryd op die Marrakesj-stadion. Oswin Appollis en Lyle Foster se doele het Suid-Afrika se oorwinning beklink. Die sewemalige kampioene, Egipte, het Zimbabwe met 2-1 verslaan terwyl Mali en Zambië…
Namibië is 104ste uit 190 lande geplaas op die Wêreldbank se Ease of Doing Business-ranglys. Dit is bewys van burokrasie en ander uitdagings om nie net ‘n besigheid te stig nie, maar ook sake te doen. In lande soos Rwanda betaal nuwe kleinbesighede niks om besighede te begin nie. Kosmos…
Die Amerikaner, Learner Tien, het sy tweede loopbaantitel ingepalm toe hy die Next Gen ATP-toernooi in Jeddah, Saoedi-Arabië, gewen het. Die 20-jarige het die Belg Alexander Blockx met 4-3, 4-2, 4-1 verslaan en daarmee wraak geneem vir sy tweede plek verlede jaar in dieselfde toernooi. Tien is slegs die derde…
Amerika se adjunk-prokureur-generaal, Todd Blanche, sê die departement van justisie sal voortgaan om materiaal uit die duisende lêers wat met die Jeffrey Epstein-ondersoek verband hou en sedert Vrydag vrygestel word, na te gaan en te redigeer. Die departement het ʼn paar nuwe lêers vrygestel, maar ook meer as tien ander…
Engeland se kaptein, Ben Stokes, het sy span geloof, al het hulle die reeks om die As teen Australië verloor. Hy sê hulle mededingende gees bly egter ongeskonde. Australië het ʼn 3-0-voorsprong nadat hulle in Adelaide ʼn skitterende oorwinning van 82 lopies in die derde toets behaal het. Engeland gaan…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.