Kenner sê oor koalisies wat in 24 owerhede gestig moet word

Loading player...
In 24 plaaslike owerhede het geen politieke party 'n volstrekte meerderheid gekry in die verkiesings nie, en koalisie-groeperings is hul voorland. Dit sluit in Swakopmund, Keetmanshoop, Tsumeb, Grootfontein, Ondangwa en Gobabis. In Windhoek het Swapo 'n volstrekte meerderheid gekry, na 'n paar jaar van koalisie-rade wat soms beskryf is as die rede vir ondoeltreffende plaaslike regering. Kosmos 94.1 Nuus het met politieke ontleder Dr. Marius Kudumo gepraat oor koalisieregerings.
2 Dec 2025 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Saai soek oorgrens-optrede om BKS te beperk

Die landbou-organisasie Saai sê onbeheerde veebeweging oor grense en swak plaaslike strukture in Suid-Afrika vererger die verspreiding van bek-en-klouseer. Hy waarsku die huidige inentingspogings kan misluk sonder sterker koördinering, naspeurbaarheid en afdwinging. Theo de Jager van die organisasie sê die eerste bevestigde bek-en-klouseer-uitbreking in Lesotho dui aan 'n streeksbenadering is…
27 Feb 10AM 1 min

Proteas onderskat nie Zimbabwe by T20-Wêreldbeker

Krieket: Die Proteas het deurgedring na die halfeindronde van die T20-Wêreldbekertoernooi nadat hulle die Wes-Indiese Eilande in Ahmedabad met nege paaltjies verslaan het, en die verdedigende kampioen, Indië, Zimbabwe in Chennai met 72 lopies geklop het. Die Proteas sal nou probeer om hul onoorwonne rekord voort te sit wanneer hulle…
27 Feb 10AM 1 min

Amushelelo lei sekuriteitswagte in minimumloon-betogings

Gemeenskapsaktivis Michael Amushelelo het vanoggend 'n reeks protesoptogte in Windhoek gelei om nakoming van die nuut aangekondigde nasionale minimumloon van 16 Namibiese dollar per uur vir sekuriteitswagte te eis. Amushelelo het verskeie sekuriteitsfirmas gekritiseer omdat hulle werknemers ver onder die minimumloon betaal. Die groep het 'n petisie aan die lynministerie…
27 Feb 9AM 1 min

Só gaan regering se BTW-inkomste vermeerder

Finansminister Ericah Shafudah verwag 'n groot toename in BTW-inkomste vir die 2026/27-boekjaar, van 20 miljard Namibiese dollar in die huidige een tot 23 miljard dollar in die volgende een. Met die lewering van haar 2026/27-nasionale begroting het Shafudah 'n reeks hervormings ingestel om hierdie toename moontlik te maak. Kosmos 94.1…
27 Feb 9AM 1 min