Nagmerrie-loting: All Blacks, Hane wag nog vóór eindstryd

Loading player...
Slegte nuus: Die All Blacks wag waarskynlik vir Suid-Afrika in die kwarteindronde van 2027 se Wêreldbeker-toernooi. Slegter nuus: Daarna wag Frankryk in die halfeindronde . . .
Suid-Afrika is in ’n redelik maklike groep geloot saam met Italië, Georgië en Roemenië, en behoort ook nie ’n taai stryd in die ronde van 16 te hê nie.
Daarna raak dinge egter rof . . .
Dié week in Rapport Praat Sport speel ons die Wêreldbeker op papier. Hendrik Cronjé sê ook Eben Etzebeth is beskikbaar om dié naweek vir die Haaie te speel.
• Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 sodat ons dit in die volgende episode kan speel. 
3 Dec Afrikaans South Africa Sports · Rugby

Other recent episodes

Oud-Bok: ‘Engeland die beste? Wag tot hulle teen SA skrum!’

Die Bokke het Ierland vermorsel, die Proteas het Indië verneder en Shukri Conrad het krieket se ou berugte G-woord opgediep . . . dit was gewis ’n besige week in die sportwêreld. Vandeesweek op Rapport Praat Sport praat ons oor dit alles en Thinus Delport sluit hom ook by ons aan…
26 Nov 31 min

Freek: ‘Staak dié blasersberade op veld!’

Freek Burger, oudtoetsblaser, is keelvol vir die groot rol wat televisieskeidsregters deesdae in rugby speel. “Die skeidsregter is nog altyd die persoon wat die finale sê het,” sê Burger, wat hom dié week by Rapport Praat Sport aansluit. Burger gesels oor die rooi kaarte van Franco Mostert en Lood de Jager,…
19 Nov 27 min

Franco: ‘Dis nie meer ’n skande om teen Italië te verloor’

Dit is nie meer ’n skande om teen Italië te verloor nie, sê Franco Smith. Smith, voormalige hoofafrigter van die Azzurri, sluit hom dié week by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor die Springbokke se klinkende sege oor Frankryk, en die toets teen Italië wat Saterdag voorlê. Smith gee…
12 Nov 30 min

Heyneke: ‘Sommige skole het groter begrotings as SWD’

Dié week sluit die voormalige Springbok-afrigter Heyneke Meyer hom op Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy nuwe pos as die SWD-Arende se nuwe hoofafrigter.  Meyer sê hy het langtermynplanne by dié unie, en dat daar baie uitdagings is wat oorbrug moet word. Die grootste daarvan is ’n tekort…
5 Nov 35 min

Willem Alberts: ‘Bok-fêns het ons ma’s gevloek ná Japan-skok’

Die groot Springbok-nederlaag teen Japan in 2015 was ’n “hoogte-laagtepunt” in sy loopbaan, sê Willem Alberts skertsend.  Dié oudlosvoorspeler was aanvanklik in die beginspan vir dié kragmeting, maar moes op die nippertjie onttrek weens ’n besering. Hy onthou wel hoe Bok-ondersteuners ná die nederlaag die spanbus met bottels bestook en…
29 Oct 29 min