Gholf: Tiger Woods sê hy herstel baie stadig na operasie

Loading player...
Die vyftienmalige major-kampioen Tiger Woods sê sy herstel van 'n rugoperasie is nie so vinnig as wat hy graag sou wou hê nie. Die 49-jarige Amerikaner het in Oktober 'n rugoperasie ondergaan, sy tweede in 'n bietjie meer as 'n jaar en sewende sedert 2014. Hy het ook vroeër vanjaar 'n operasie ondergaan om 'n geskeurde linkerhak-sening te heg. Woods, wat laas gespeel het in verlede jaar se Britse Ope, sê hy het nog nie 'n terugkeerdatum nie:
3 Dec 2025 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Saai soek oorgrens-optrede om BKS te beperk

Die landbou-organisasie Saai sê onbeheerde veebeweging oor grense en swak plaaslike strukture in Suid-Afrika vererger die verspreiding van bek-en-klouseer. Hy waarsku die huidige inentingspogings kan misluk sonder sterker koördinering, naspeurbaarheid en afdwinging. Theo de Jager van die organisasie sê die eerste bevestigde bek-en-klouseer-uitbreking in Lesotho dui aan 'n streeksbenadering is…
27 Feb 10AM 1 min

Proteas onderskat nie Zimbabwe by T20-Wêreldbeker

Krieket: Die Proteas het deurgedring na die halfeindronde van die T20-Wêreldbekertoernooi nadat hulle die Wes-Indiese Eilande in Ahmedabad met nege paaltjies verslaan het, en die verdedigende kampioen, Indië, Zimbabwe in Chennai met 72 lopies geklop het. Die Proteas sal nou probeer om hul onoorwonne rekord voort te sit wanneer hulle…
27 Feb 10AM 1 min

Amushelelo lei sekuriteitswagte in minimumloon-betogings

Gemeenskapsaktivis Michael Amushelelo het vanoggend 'n reeks protesoptogte in Windhoek gelei om nakoming van die nuut aangekondigde nasionale minimumloon van 16 Namibiese dollar per uur vir sekuriteitswagte te eis. Amushelelo het verskeie sekuriteitsfirmas gekritiseer omdat hulle werknemers ver onder die minimumloon betaal. Die groep het 'n petisie aan die lynministerie…
27 Feb 9AM 1 min

Só gaan regering se BTW-inkomste vermeerder

Finansminister Ericah Shafudah verwag 'n groot toename in BTW-inkomste vir die 2026/27-boekjaar, van 20 miljard Namibiese dollar in die huidige een tot 23 miljard dollar in die volgende een. Met die lewering van haar 2026/27-nasionale begroting het Shafudah 'n reeks hervormings ingestel om hierdie toename moontlik te maak. Kosmos 94.1…
27 Feb 9AM 1 min