SAPD het meer as 61% sake in afgelope 10 jaar nie opgelos nie

Loading player...
Build One South Africa sê dis ontstellend dat oor die afgelope dekade meer as 21-miljoen strafsake in die land geopen is en 61,7-persent hiervan onopgelos gesluit is. Volgens amptelike inligting van die ministerie van Polisie, beteken dit 13,2-miljoen sake is gesluit sonder om opgelos te word. Die woordvoerder van BOSA, Roger Solomons, sê die oplossyfer van strafregtelike sake is slegs 37,5-persent wat wys op 'n stelsel wat oorweldig word deur al meer misdade en 'n ernstige tekort aan speurders en polisiebeamptes:
4 Dec 2025 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Amushelelo lei sekuriteitswagte in minimumloon-betogings

Gemeenskapsaktivis Michael Amushelelo het vanoggend 'n reeks protesoptogte in Windhoek gelei om nakoming van die nuut aangekondigde nasionale minimumloon van 16 Namibiese dollar per uur vir sekuriteitswagte te eis. Amushelelo het verskeie sekuriteitsfirmas gekritiseer omdat hulle werknemers ver onder die minimumloon betaal. Die groep het 'n petisie aan die lynministerie…
27 Feb 9AM 1 min

Só gaan regering se BTW-inkomste vermeerder

Finansminister Ericah Shafudah verwag 'n groot toename in BTW-inkomste vir die 2026/27-boekjaar, van 20 miljard Namibiese dollar in die huidige een tot 23 miljard dollar in die volgende een. Met die lewering van haar 2026/27-nasionale begroting het Shafudah 'n reeks hervormings ingestel om hierdie toename moontlik te maak. Kosmos 94.1…
27 Feb 9AM 1 min

Meer besighede het voordelige eienaarskap openbaar

Die Besigheids- en Intellektuele Eiendomsowerheid, Bipa, sê dat van die meer as 137 000 besighede wat vir massa-deregistrasie geoormerk is omdat hulle nie aan die verpligte vereistes vir voordelige eienaarskap voldoen het nie, het ongeveer 45 persent nou voldoen. Die veldtog, wat tot dusver 1 000 entiteite gederegistreer het, vorm…
27 Feb 9AM 1 min

Vissersvereniging stel regering ultimatum oor werklose vissermanne

Die Okapare-vissersvereniging is ontevrede oor die implementering van die regering se werkloosheidsprogram en sê baie vissermanne is steeds sonder werk, ten spyte daarvan dat hulle aan vismaatskappye toegeken is. Regeringsverslae dui aan dat ongeveer 2 500 vissers by die skema baat gevind het, maar die vereniging sê uitbuiting en korttermynkontrakte…
27 Feb 8AM 1 min

Groen-party klop Arbeiders in terugslag vir Starmer

Die Britse eerste minister, Keir Starmer, se Arbeidersparty het 'n terugslag gely toe Hannah Spencer van die Groen-party die tussenverkiesing in Gorton en Denton gewen het, met die Arbeiders derde na Reform UK. Starmer is voorheen gevra om te bedank oor Peter Mandelson se aanstelling as ambassadeur in Washington ondanks…
27 Feb 8AM 1 min