Toerismesyfers: Aankomelinge moet onderskei word

Loading player...
Reaksie kom in oor die toerismesektor se merkwaardige herstel en veerkragtigheid na die pandemie. Besoekersgetalle het in 2024 met 45 persent gestyg vanaf 2023, wat neerkom op 1,25 meer besoekers. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Gitta Paetzold, die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging.
4 Dec 2025 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Vissersvereniging stel regering ultimatum oor werklose vissermanne

Die Okapare-vissersvereniging is ontevrede oor die implementering van die regering se werkloosheidsprogram en sê baie vissermanne is steeds sonder werk, ten spyte daarvan dat hulle aan vismaatskappye toegeken is. Regeringsverslae dui aan dat ongeveer 2 500 vissers by die skema baat gevind het, maar die vereniging sê uitbuiting en korttermynkontrakte…
27 Feb 8AM 1 min

Groen-party klop Arbeiders in terugslag vir Starmer

Die Britse eerste minister, Keir Starmer, se Arbeidersparty het 'n terugslag gely toe Hannah Spencer van die Groen-party die tussenverkiesing in Gorton en Denton gewen het, met die Arbeiders derde na Reform UK. Starmer is voorheen gevra om te bedank oor Peter Mandelson se aanstelling as ambassadeur in Washington ondanks…
27 Feb 8AM 1 min

O’Sullivan 'kan boete of tronkstraf kry'

Die EFF sê die forensiese ondersoeker Paul O'Sullivan se beweerde minagting van die parlement omdat hy uit die ad hoc-komitee se verhore gestap het, beteken 'n moontlike boete, gevangenisstraf of albei. Adjunk-sekretaris-generaal, Leigh-Ann Mathys, het 'n saak ingedien in die Kaapstad-Sentraal-polisiestasie. Sy bevestig 'n regsmening is voorgelê aan die speaker…
27 Feb 7AM 1 min

T20-Wêreldbeker: Engeland se Southee het gemengde gevoelens

Krieket: Engeland se boulraadgewer, Tim Southee, het gemengde gevoelens oor vandag se T20-Wêreldbeker-Super-agt-wedstryd teen sy geboorteland, Nieu-Seeland, en sê dit sal vreemd wees om in die ander kleedkamer te wees. Die 37-jarige voormalige bouler het van 2008 tot 2024 vir sy land gespeel. Southee sê dis 'n groot geleentheid om…
27 Feb 7AM 1 min

Waarom het adjunkminister Japan toe gereis, kundiges bestaan in SA

AfriForum bevraagteken die adjunkminister van Water en Sanitasie, David Mahlobo, se besoek aan Japan. Die besoek wat vandag ten einde loop, het op die bou van vermoë, vaardigheidsoordrag en volhoubare waterbestuuroplossings gefokus. Lambert de Klerk van AfriForum sê die Waternavorsingskommissie en ander plaaslike sentrums van kundigheid het magtiging en befondsing…
27 Feb 5AM 1 min