Rwanda, DRK onderteken vredesooreenkoms in VSA

Loading player...
Die Demokratiese Republiek die Kongo se president, Felix Tshisekedi, en sy Rwandese ampsgenoot, Paul Kagame, het ʼn vredesooreenkoms onderteken wat die langdurige konflik in die streek moet beëindig. President Donald Trump van Amerika het die ondertekeningseremonie by die Amerikaanse Instituut vir Vrede in Washington aangebied. Sowat 7 000 mense is in gevegte in die ooste van die DRK dood sedert Rwandees-ondersteunde M23-rebelle in Januarie met hernude aanvalle begin het. Trump sê die vredesooreenkoms is ʼn geskiedkundige stap om voorspoed in Afrika te bring:
5 Dec 2025 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

O’Sullivan 'kan boete of tronkstraf kry'

Die EFF sê die forensiese ondersoeker Paul O'Sullivan se beweerde minagting van die parlement omdat hy uit die ad hoc-komitee se verhore gestap het, beteken 'n moontlike boete, gevangenisstraf of albei. Adjunk-sekretaris-generaal, Leigh-Ann Mathys, het 'n saak ingedien in die Kaapstad-Sentraal-polisiestasie. Sy bevestig 'n regsmening is voorgelê aan die speaker…
27 Feb 7AM 1 min

T20-Wêreldbeker: Engeland se Southee het gemengde gevoelens

Krieket: Engeland se boulraadgewer, Tim Southee, het gemengde gevoelens oor vandag se T20-Wêreldbeker-Super-agt-wedstryd teen sy geboorteland, Nieu-Seeland, en sê dit sal vreemd wees om in die ander kleedkamer te wees. Die 37-jarige voormalige bouler het van 2008 tot 2024 vir sy land gespeel. Southee sê dis 'n groot geleentheid om…
27 Feb 7AM 1 min

Waarom het adjunkminister Japan toe gereis, kundiges bestaan in SA

AfriForum bevraagteken die adjunkminister van Water en Sanitasie, David Mahlobo, se besoek aan Japan. Die besoek wat vandag ten einde loop, het op die bou van vermoë, vaardigheidsoordrag en volhoubare waterbestuuroplossings gefokus. Lambert de Klerk van AfriForum sê die Waternavorsingskommissie en ander plaaslike sentrums van kundigheid het magtiging en befondsing…
27 Feb 5AM 1 min

Rusland wen ook nie - Zelensky

Die Oekraïnse president Volodymyr Zelensky sê hy word gevra oor of sy land die oorlog teen Rusland kan wen. Hy beklemtoon in ‘n onderhoud met SkyNews dat dit hang alles af wat met ‘wen’ bedoel word want op die oomblik wen Rusland ook nie.
27 Feb 5AM 1 min

Bewaringskrisis by Okavango-rivier

'n Bewaringsuksesverhaal langs die Okavango-rivier is vinnig besig om in 'n krisis te verander. In net twee jaar het 'n gedeelte van die rivier in Okavango-Oos gesien hoe die seekoeibevolking van 187 diere tot 22 ineenstort. Shamvura-kampeienaar Mark Paxton, wat die wildlewe in die gebied al dekades lank monitor, sê…
27 Feb 5AM 1 min