Norris huiwerig om McLaren vir spanbevel te vra sodat hy F1-titel kan wen

Loading player...
Lando Norris sê hy is huiwerig om McLaren te vra vir ʼn spanbevel vir Oscar Piastri om hom te help om Sondag sy eerste Formula 1-bestuurderskampioenskap by die seisoen se laaste geleentheid in Abu Dhabi te wen. Norris is 12 punte voor Max Verstappen van Red Bull en 16 voor spanmaat Piastri. Die Brit het slegs ʼn podiumplek nodig om wêreldkampioen te word. Norris sê dis die span se besluit om ʼn spanbevel vir Piastri uit te reik:
5 Dec 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

'Maak sakedoen in Namibië goedkoper'

Namibië is 104ste uit 190 lande geplaas op die Wêreldbank se Ease of Doing Business-ranglys. Dit is bewys van burokrasie en ander uitdagings om nie net ‘n besigheid te stig nie, maar ook sake te doen. In lande soos Rwanda betaal nuwe kleinbesighede niks om besighede te begin nie. Kosmos…
22 Dec 5AM 1 min

Tennis: Tweede loopbaantitel vir VSA se Tien

Die Amerikaner, Learner Tien, het sy tweede loopbaantitel ingepalm toe hy die Next Gen ATP-toernooi in Jeddah, Saoedi-Arabië, gewen het. Die 20-jarige het die Belg Alexander Blockx met 4-3, 4-2, 4-1 verslaan en daarmee wraak geneem vir sy tweede plek verlede jaar in dieselfde toernooi. Tien is slegs die derde…
22 Dec 4AM 1 min

VSA justisie werk deur duisende Epstein-lêers

Amerika se adjunk-prokureur-generaal, Todd Blanche, sê die departement van justisie sal voortgaan om materiaal uit die duisende lêers wat met die Jeffrey Epstein-ondersoek verband hou en sedert Vrydag vrygestel word, na te gaan en te redigeer. Die departement het ʼn paar nuwe lêers vrygestel, maar ook meer as tien ander…
22 Dec 3AM 1 min

Krieket: Australië nie in sak en as nie

Engeland se kaptein, Ben Stokes, het sy span geloof, al het hulle die reeks om die As teen Australië verloor. Hy sê hulle mededingende gees bly egter ongeskonde. Australië het ʼn 3-0-voorsprong nadat hulle in Adelaide ʼn skitterende oorwinning van 82 lopies in die derde toets behaal het. Engeland gaan…
22 Dec 2AM 1 min

Swaar neerslae verwag; pasop vir kitsvloede!

Swaar neerslae word vandag in Omusati, Oshana, Kavango-Oos, Otjozondjupa en Khomas verwag en inwoners is teen die moontlikheid van kistvloede gewaarsku. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het die buurland ook gemaan teen bogemiddelde reënval en storms in die komende dae. 'n Vlak 2-waarskuwing is uitgereik vir hewige donderstorms oor die sentrale binneland,…
22 Dec 1AM 1 min