Behuisingsaktivis stem saam met Ngurare oor grond

Loading player...
Die eerste minister, Elijah Ngurare, het by 'n kabinetswegbreeksessie die kwessie van grond, die beskikbaarheid en die koste daarvan bespreek. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Heinrich Amushila van die Shack Dwellers Federation, wat aangestel is op die taakspan oor grond. Hy meen Ngurare se voorstel dat Tradisionele Owerhede land moet gee vir laekoste behuising, skole en hospitale is 'n goeie ding.
5 Dec 2025 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Waarom het adjunkminister Japan toe gereis, kundiges bestaan in SA

AfriForum bevraagteken die adjunkminister van Water en Sanitasie, David Mahlobo, se besoek aan Japan. Die besoek wat vandag ten einde loop, het op die bou van vermoë, vaardigheidsoordrag en volhoubare waterbestuuroplossings gefokus. Lambert de Klerk van AfriForum sê die Waternavorsingskommissie en ander plaaslike sentrums van kundigheid het magtiging en befondsing…
27 Feb 5AM 1 min

Rusland wen ook nie - Zelensky

Die Oekraïnse president Volodymyr Zelensky sê hy word gevra oor of sy land die oorlog teen Rusland kan wen. Hy beklemtoon in ‘n onderhoud met SkyNews dat dit hang alles af wat met ‘wen’ bedoel word want op die oomblik wen Rusland ook nie.
27 Feb 5AM 1 min

Bewaringskrisis by Okavango-rivier

'n Bewaringsuksesverhaal langs die Okavango-rivier is vinnig besig om in 'n krisis te verander. In net twee jaar het 'n gedeelte van die rivier in Okavango-Oos gesien hoe die seekoeibevolking van 187 diere tot 22 ineenstort. Shamvura-kampeienaar Mark Paxton, wat die wildlewe in die gebied al dekades lank monitor, sê…
27 Feb 5AM 1 min

De Beers-hoof sê oor vergadering met NNN

Die uitvoerende hoof van die De Beers Groep, Al Cook, het Donderdag met president Netumbo Nandi-Ndaitwah vergader te midde van kritieke onderhandelinge oor die toekoms van die groep se vennootskap met die land. Die huidige Namibië-De Beers verkoop- en mynooreenkoms verstryk in Mei vanjaar. Die vergadering het gefokus op die…
27 Feb 5AM 1 min

Arbeidskundige reageer op staatsamptenare se verhoging

Die regering se laagsbetaalde werkers, in grade 14 en 15, sal 'n salarisverhoging van 700 Namibiese dollar per maand ontvang vanaf April, maar arbeidsdeskundiges waarsku dat dit nie stygende lewenskostes dek nie. Staatsamptenare in grade 13 tot 1 sal 'n vyf persent verhoging kry. Arbeidsdeskundige Sydwill Scholtz sê dat werkers…
27 Feb 5AM 1 min