President Cyril Ramaphosa het ’n ondersoek gelas na die multinasionale vlootoefening, Will for Peace, en ’n paneel onder leierskap van regter Bernard Ngoepe aangestel. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het na bewering die president se opdrag in Januarie om drie Iranse oorlogskepe aan die vlootoefening in Valsbaai te onttrek, verontagsaam. Ramaphosa…
Amerika se gewese minister van Buitelandse Sake, Hillary Clinton, sê sy het geen inligting oor die seksoortreder, wyle Jeffrey Epstein, se misdade nie en kan nie onthou dat sy hom ooit ontmoet of met hom gepraat het nie. Sy het gister agter geslote deure voor die Huis se oorsigkomitee getuig…
Werknemers van Nored het 'n staking begin en eis 'n salarisverhoging van 6 persent. Die waarnemende president van die Mynwerkersunie van Namibië, Mathew Mberiuana, sê Nored het werkers se salarisaanpassings sedert 2019 verwaarloos. Die laaste verhoging was 4 persent in 2018. Mberiuana het opgemerk dat die maatskappy onlangs 'n verhoging…
Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, het bevestig dat twee Suid-Afrikaanse mans wat gewerf is om in die Rusland-Oekraïne-oorlog te veg, dood is. Dit is nie bekend hoe hulle gesterf het nie. Lamola het beklemtoon dat die twee nie onder die 17 Suid-Afrikaners was wat na bewering…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.