Bok-sewes verdedig Kaapstadse Wêreldsewesreekstitel

Loading player...
Die Springbok-sewes het Argentinië naelskraaps met 21-19 geklop om die eerste span te word wat die Kaapstadse Wêreldsewesreekstitel suksesvol verdedig. Suid-Afrika het 'n drie in die laaste minuut gedruk om die oorwinning te beklink en die naweek as die enigste onoorwonne manspan by die Kaapstad-stadion afgesluit. Fidji het Frankryk met 26-19 verslaan om derde te eindig. In die vroue-eindronde het Australië 'n oorwinning van 26-12 teen Nieu-Seeland behaal. Springboksewes-kaptein Impi Visser sê hy is trots op hul vertoning in die wedstryd:
8 Dec 2025 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Cyril stel paneel aan, las ondersoek na Will for Peace

President Cyril Ramaphosa het ’n ondersoek gelas na die multinasionale vlootoefening, Will for Peace, en ’n paneel onder leierskap van regter Bernard Ngoepe aangestel. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het na bewering die president se opdrag in Januarie om drie Iranse oorlogskepe aan die vlootoefening in Valsbaai te onttrek, verontagsaam. Ramaphosa…
27 Feb 3AM 1 min

Ondersoek na Epstein is onpartydig - Comer

Amerika se gewese minister van Buitelandse Sake, Hillary Clinton, sê sy het geen inligting oor die seksoortreder, wyle Jeffrey Epstein, se misdade nie en kan nie onthou dat sy hom ooit ontmoet of met hom gepraat het nie. Sy het gister agter geslote deure voor die Huis se oorsigkomitee getuig…
27 Feb 3AM 1 min

Nored-staking: MUN sê werkers het laas in 2018 verhoging ontvang

Werknemers van Nored het 'n staking begin en eis 'n salarisverhoging van 6 persent. Die waarnemende president van die Mynwerkersunie van Namibië, Mathew Mberiuana, sê Nored het werkers se salarisaanpassings sedert 2019 verwaarloos. Die laaste verhoging was 4 persent in 2018. Mberiuana het opgemerk dat die maatskappy onlangs 'n verhoging…
27 Feb 2AM 1 min

Twee Suid-Afrikaners is in die Oekraïne dood

Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, het bevestig dat twee Suid-Afrikaanse mans wat gewerf is om in die Rusland-Oekraïne-oorlog te veg, dood is. Dit is nie bekend hoe hulle gesterf het nie. Lamola het beklemtoon dat die twee nie onder die 17 Suid-Afrikaners was wat na bewering…
27 Feb 2AM 1 min