ANC betaal (weer) sy personeel laat, staat is R20m

Loading player...
Die ANC se sekretaris-generaal Fikile Mbalula sê die party se personeel is uiteindelik betaal, maar erken die kwessies stel die organisasie in ʼn swak lig. Werkers by die ANC-hoofkantoor in Luthuli-huis en sommige in provinsies se salarisse is in November weer laat betaal, terwyl pensioenfonds- en mediesefondsbydraes ook nie betaal is nie. Mbalula sê hulle gaan fondse insamel om maandelikse uitgawes van meer as 20 miljoen Suid-Afrikaanse rand te dek:
8 Dec 2025 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Cyril stel paneel aan, las ondersoek na Will for Peace

President Cyril Ramaphosa het ’n ondersoek gelas na die multinasionale vlootoefening, Will for Peace, en ’n paneel onder leierskap van regter Bernard Ngoepe aangestel. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het na bewering die president se opdrag in Januarie om drie Iranse oorlogskepe aan die vlootoefening in Valsbaai te onttrek, verontagsaam. Ramaphosa…
27 Feb 3AM 1 min

Ondersoek na Epstein is onpartydig - Comer

Amerika se gewese minister van Buitelandse Sake, Hillary Clinton, sê sy het geen inligting oor die seksoortreder, wyle Jeffrey Epstein, se misdade nie en kan nie onthou dat sy hom ooit ontmoet of met hom gepraat het nie. Sy het gister agter geslote deure voor die Huis se oorsigkomitee getuig…
27 Feb 3AM 1 min

Nored-staking: MUN sê werkers het laas in 2018 verhoging ontvang

Werknemers van Nored het 'n staking begin en eis 'n salarisverhoging van 6 persent. Die waarnemende president van die Mynwerkersunie van Namibië, Mathew Mberiuana, sê Nored het werkers se salarisaanpassings sedert 2019 verwaarloos. Die laaste verhoging was 4 persent in 2018. Mberiuana het opgemerk dat die maatskappy onlangs 'n verhoging…
27 Feb 2AM 1 min

Twee Suid-Afrikaners is in die Oekraïne dood

Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, het bevestig dat twee Suid-Afrikaanse mans wat gewerf is om in die Rusland-Oekraïne-oorlog te veg, dood is. Dit is nie bekend hoe hulle gesterf het nie. Lamola het beklemtoon dat die twee nie onder die 17 Suid-Afrikaners was wat na bewering…
27 Feb 2AM 1 min