Handel in renosterhoring sal nie stropery stop nie

Loading player...
Namibië se voorstelle oor renosters by die Cites COP20-beraad in Oesbekistan bly in die nuus. Die meerderheid van lande by die konvensie het Namibië se voorstel verwerp om die verkoop van renosterhorings toe te laat. Die land het ook gevra om toegelaat te word om renosters op die hoef te verkoop. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Adam Cruise, 'n bekende Suid-Afrikaanse ondersoekende joernalis en akademikus, gepraat wat sy argumente teen die Namibiese aansoek verduidelik.
8 Dec 2025 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Cyril stel paneel aan, las ondersoek na Will for Peace

President Cyril Ramaphosa het ’n ondersoek gelas na die multinasionale vlootoefening, Will for Peace, en ’n paneel onder leierskap van regter Bernard Ngoepe aangestel. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het na bewering die president se opdrag in Januarie om drie Iranse oorlogskepe aan die vlootoefening in Valsbaai te onttrek, verontagsaam. Ramaphosa…
27 Feb 3AM 1 min

Ondersoek na Epstein is onpartydig - Comer

Amerika se gewese minister van Buitelandse Sake, Hillary Clinton, sê sy het geen inligting oor die seksoortreder, wyle Jeffrey Epstein, se misdade nie en kan nie onthou dat sy hom ooit ontmoet of met hom gepraat het nie. Sy het gister agter geslote deure voor die Huis se oorsigkomitee getuig…
27 Feb 3AM 1 min

Nored-staking: MUN sê werkers het laas in 2018 verhoging ontvang

Werknemers van Nored het 'n staking begin en eis 'n salarisverhoging van 6 persent. Die waarnemende president van die Mynwerkersunie van Namibië, Mathew Mberiuana, sê Nored het werkers se salarisaanpassings sedert 2019 verwaarloos. Die laaste verhoging was 4 persent in 2018. Mberiuana het opgemerk dat die maatskappy onlangs 'n verhoging…
27 Feb 2AM 1 min

Twee Suid-Afrikaners is in die Oekraïne dood

Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, het bevestig dat twee Suid-Afrikaanse mans wat gewerf is om in die Rusland-Oekraïne-oorlog te veg, dood is. Dit is nie bekend hoe hulle gesterf het nie. Lamola het beklemtoon dat die twee nie onder die 17 Suid-Afrikaners was wat na bewering…
27 Feb 2AM 1 min