Cosatu is boos oor neoliberale benadering tot die begroting

Loading player...
Die vakverbond Cosatu is uiters ontsteld oor die toestand van plaaslike regering, met wanbestuur, korrupsie, onderbefondsing en die gebrek aan belastinginvordering wat gelei het tot werkers wat nie betaal word nie en basiese dienste wat agteruitgaan. Die vakverbond het sy voorlegging oor die Mediumtermyn-begrotingsbeleidsverklaring se Wysigings- en Aanpassingswetsontwerpe op die Verdeling van Inkomste by die Parlement ingedien. Matthew Parks van Cosatu sê hulle bly bekommerd oor die regering se algehele neoliberale benadering tot die begroting:
9 Dec 2025 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ramaphosa vra vir gladde BKS-inenting

In Suid-Afrika sê president Cyril Ramaphosa al 14-miljoen beeste in die land sal ingeënt word teen bek-en-klouseer, met gemeenskaplike gebiede, suiwelplase en voerkrale wat voorkeur sal geniet. Ramaphosa het tydens die opening van die Nasionale Huis van Tradisionele en Khoi-San-leiers in die parlement, tradisionele leiers versoek om 'n gladde inentingsproses…
26 Feb 10PM 1 min

Hillary Clinton het net Ghislane geken, weet niks van Epstein nie

Internasionaal en voormalige Amerikaanse visepresident Hillary Clinton se in kamera getuienis voor die Huis-toesigkomitee oor enige bande met Jeffrey Epstein is Donderdag vir 'n wyle gestaak. Dit was na Republikeinse verteenwoordiger Lauren Boebert 'n foto van Clinton binne die verrigtinge gedeel het met die ver-regse politieke kommentator Benny Johnson, wat…
26 Feb 10PM 1 min

Ekonomiese groei van 3,1% in 2026, voorsien Shafudah

Finansminister Ericah Shafudah is besig met die nasionale begroting vir die 2026-27-boekjaar. Die sentrale bank sê ‘n daling in olie- en voedselpryse sal inflasie vanjaar op ‘n gemiddeld van 3,5 persent hou.
26 Feb 10AM 1 min