Thai-Kambodja grensgeskil dodetal styg

Loading player...
Die dodetal in hernude gevegte oor ʼn grensgeskil tussen Thailand en Kambodja het tot tien gestyg. Geweld het Maandag uitgebreek, minder as twee maande nadat die lande ʼn gesamentlike vredesverklaring onderteken het. Kambodja sê nog twee burgerlikes is oornag dood in bomaanvalle deur Thaise magte, wat sy sterftesyfer op sewe te staan bring. Thailand sê minstens drie van sy soldate is dood. Die woordvoerder van Thailand se ministerie van Buitelandse Sake, Nikorndej Balankura, sê Kambodja se aggressie is onregverdigbaar:
9 Dec 2025 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ramaphosa vra vir gladde BKS-inenting

In Suid-Afrika sê president Cyril Ramaphosa al 14-miljoen beeste in die land sal ingeënt word teen bek-en-klouseer, met gemeenskaplike gebiede, suiwelplase en voerkrale wat voorkeur sal geniet. Ramaphosa het tydens die opening van die Nasionale Huis van Tradisionele en Khoi-San-leiers in die parlement, tradisionele leiers versoek om 'n gladde inentingsproses…
26 Feb 10PM 1 min

Hillary Clinton het net Ghislane geken, weet niks van Epstein nie

Internasionaal en voormalige Amerikaanse visepresident Hillary Clinton se in kamera getuienis voor die Huis-toesigkomitee oor enige bande met Jeffrey Epstein is Donderdag vir 'n wyle gestaak. Dit was na Republikeinse verteenwoordiger Lauren Boebert 'n foto van Clinton binne die verrigtinge gedeel het met die ver-regse politieke kommentator Benny Johnson, wat…
26 Feb 10PM 1 min

Ekonomiese groei van 3,1% in 2026, voorsien Shafudah

Finansminister Ericah Shafudah is besig met die nasionale begroting vir die 2026-27-boekjaar. Die sentrale bank sê ‘n daling in olie- en voedselpryse sal inflasie vanjaar op ‘n gemiddeld van 3,5 persent hou.
26 Feb 10AM 1 min