Krieket: T20-reeks teen Indië handig voor Wêreldbeker: Markram

Loading player...
Die Proteas se T20-kaptein, Aiden Markram, glo die reeks teen Indië is die perfekte geleentheid vir spelers om hulself te bewys, veral voor volgende jaar se Wêreldbekertoernooi. David Miller is ingesluit in die groep van 16 terwyl die snelbouler Anrich Nortjé ook na meer as 'n jaar terugkeer. Die reeks van vyf wedstryde begin vanmiddag in Cuttack. Die veiling vir die Indiese Premierliga vind volgende Dinsdag in Abu Dhabi plaas en Markram erken spelers wil dalk beïndruk:
9 Dec 2025 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ramaphosa vra vir gladde BKS-inenting

In Suid-Afrika sê president Cyril Ramaphosa al 14-miljoen beeste in die land sal ingeënt word teen bek-en-klouseer, met gemeenskaplike gebiede, suiwelplase en voerkrale wat voorkeur sal geniet. Ramaphosa het tydens die opening van die Nasionale Huis van Tradisionele en Khoi-San-leiers in die parlement, tradisionele leiers versoek om 'n gladde inentingsproses…
26 Feb 10PM 1 min

Hillary Clinton het net Ghislane geken, weet niks van Epstein nie

Internasionaal en voormalige Amerikaanse visepresident Hillary Clinton se in kamera getuienis voor die Huis-toesigkomitee oor enige bande met Jeffrey Epstein is Donderdag vir 'n wyle gestaak. Dit was na Republikeinse verteenwoordiger Lauren Boebert 'n foto van Clinton binne die verrigtinge gedeel het met die ver-regse politieke kommentator Benny Johnson, wat…
26 Feb 10PM 1 min

Ekonomiese groei van 3,1% in 2026, voorsien Shafudah

Finansminister Ericah Shafudah is besig met die nasionale begroting vir die 2026-27-boekjaar. Die sentrale bank sê ‘n daling in olie- en voedselpryse sal inflasie vanjaar op ‘n gemiddeld van 3,5 persent hou.
26 Feb 10AM 1 min