Ministerie ondersoek Sossuvlei-konsessie

Loading player...
Die konsessie in die Namib-Naukluft Nasionale Park by Sossusvlei wek steeds kommer. Operateurs sê die Farm Arbeit-kampeerterreinkonsessie, wat in 2024 aan About Africa.Co toegeken is, blyk anders te ontvou as wat die oorspronklike tender belowe het. In plaas van 'n nie-eksklusiewe pendeldiens na die Dooievlei, beweer die maatskappy nou dat geen ander operateurs dienste in die gebied mag aanbied nie, wat hulle effektief eksklusiewe beheer oor vervoer na die duine het. Maar, dit sluit blykbaar nie geregistreerde operateurs in nie omdat hulle steeds toegang het. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die ministerie van toerisme, Vilho Hangula, gepraat wat sê die ministerie stel ondersoek in.
9 Dec 2025 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ramaphosa vra vir gladde BKS-inenting

In Suid-Afrika sê president Cyril Ramaphosa al 14-miljoen beeste in die land sal ingeënt word teen bek-en-klouseer, met gemeenskaplike gebiede, suiwelplase en voerkrale wat voorkeur sal geniet. Ramaphosa het tydens die opening van die Nasionale Huis van Tradisionele en Khoi-San-leiers in die parlement, tradisionele leiers versoek om 'n gladde inentingsproses…
26 Feb 10PM 1 min

Hillary Clinton het net Ghislane geken, weet niks van Epstein nie

Internasionaal en voormalige Amerikaanse visepresident Hillary Clinton se in kamera getuienis voor die Huis-toesigkomitee oor enige bande met Jeffrey Epstein is Donderdag vir 'n wyle gestaak. Dit was na Republikeinse verteenwoordiger Lauren Boebert 'n foto van Clinton binne die verrigtinge gedeel het met die ver-regse politieke kommentator Benny Johnson, wat…
26 Feb 10PM 1 min

Ekonomiese groei van 3,1% in 2026, voorsien Shafudah

Finansminister Ericah Shafudah is besig met die nasionale begroting vir die 2026-27-boekjaar. Die sentrale bank sê ‘n daling in olie- en voedselpryse sal inflasie vanjaar op ‘n gemiddeld van 3,5 persent hou.
26 Feb 10AM 1 min