Geen menslike polio-gevalle in land nie

Loading player...
Na die opsporing van 'n polio-voorval in die land verlede maand, sê die lynministerie dat geen menslike gevalle aangemeld is nie. Op 13 November is laboratoriumresultate ontvang wat die teenwoordigheid van poliovirus tipe-2 in 'n rioolmonster bevestig wat versamel is uit die Ndama-riooldam in die Rundu-distrik. Hierdie spesifieke poliovirus tipe-2 is geneties gekoppel aan twee menslike gevalle wat in die Cubango-provinsie, Angola, aangemeld is. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê die woordvoerder van die ministerie, Walters Kamaya, dat daar geen rede tot paniek is nie.
9 Dec 2025 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ramaphosa vra vir gladde BKS-inenting

In Suid-Afrika sê president Cyril Ramaphosa al 14-miljoen beeste in die land sal ingeënt word teen bek-en-klouseer, met gemeenskaplike gebiede, suiwelplase en voerkrale wat voorkeur sal geniet. Ramaphosa het tydens die opening van die Nasionale Huis van Tradisionele en Khoi-San-leiers in die parlement, tradisionele leiers versoek om 'n gladde inentingsproses…
26 Feb 10PM 1 min

Hillary Clinton het net Ghislane geken, weet niks van Epstein nie

Internasionaal en voormalige Amerikaanse visepresident Hillary Clinton se in kamera getuienis voor die Huis-toesigkomitee oor enige bande met Jeffrey Epstein is Donderdag vir 'n wyle gestaak. Dit was na Republikeinse verteenwoordiger Lauren Boebert 'n foto van Clinton binne die verrigtinge gedeel het met die ver-regse politieke kommentator Benny Johnson, wat…
26 Feb 10PM 1 min

Ekonomiese groei van 3,1% in 2026, voorsien Shafudah

Finansminister Ericah Shafudah is besig met die nasionale begroting vir die 2026-27-boekjaar. Die sentrale bank sê ‘n daling in olie- en voedselpryse sal inflasie vanjaar op ‘n gemiddeld van 3,5 persent hou.
26 Feb 10AM 1 min