Eskom en ferrochroom-makers vermy afleggings, Cosatu juig

Loading player...
Cosatu verwelkom die ooreenkoms tussen Eskom en die ferrochroom-vervaardigers, Samancor Chrome en die Glencore–Merafe Chrome Venture om afleggings te staak. Dit sou meer as sewe-duisend werkgeleenthede van hierdie maand af in gedrang bring. Volgens die ooreenkoms word ʼn taakspan aangestel om langtermyn-ingrypings te ontwikkel om mededingendheid in nywerhede te ondersteun sonder om bykomende kostes op ander elektrisiteitsverbruikers af te skuif. Cosatu-woordvoerder Matthew Parks sê hulle kan nie toesien dat selfs een werker afgedank word terwyl die werkloosheidsyfer reeds 42,4-persent is nie:
10 Dec 2025 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ramaphosa vra vir gladde BKS-inenting

In Suid-Afrika sê president Cyril Ramaphosa al 14-miljoen beeste in die land sal ingeënt word teen bek-en-klouseer, met gemeenskaplike gebiede, suiwelplase en voerkrale wat voorkeur sal geniet. Ramaphosa het tydens die opening van die Nasionale Huis van Tradisionele en Khoi-San-leiers in die parlement, tradisionele leiers versoek om 'n gladde inentingsproses…
26 Feb 10PM 1 min

Hillary Clinton het net Ghislane geken, weet niks van Epstein nie

Internasionaal en voormalige Amerikaanse visepresident Hillary Clinton se in kamera getuienis voor die Huis-toesigkomitee oor enige bande met Jeffrey Epstein is Donderdag vir 'n wyle gestaak. Dit was na Republikeinse verteenwoordiger Lauren Boebert 'n foto van Clinton binne die verrigtinge gedeel het met die ver-regse politieke kommentator Benny Johnson, wat…
26 Feb 10PM 1 min

Ekonomiese groei van 3,1% in 2026, voorsien Shafudah

Finansminister Ericah Shafudah is besig met die nasionale begroting vir die 2026-27-boekjaar. Die sentrale bank sê ‘n daling in olie- en voedselpryse sal inflasie vanjaar op ‘n gemiddeld van 3,5 persent hou.
26 Feb 10AM 1 min