Oorstromings in Noorde is nie efundja nie

Loading player...
Vloedwater styg in noordelike Namibië, maar Oshakati se burgemeester en hidroloog, Leonard Hango, sê dis nie efundja nie. Na swaar reën Sondag en Maandag is paaie en huise in dele van Oshakati en Ondangwa oorstroom, wat sommige inwoners van noodsaaklike dienste afgesny het en gesinne gedwing het om te ontruim. Hango het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
10 Dec 2025 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ekonomiese groei van 3,1% in 2026, voorsien Shafudah

Finansminister Ericah Shafudah is besig met die nasionale begroting vir die 2026-27-boekjaar. Die sentrale bank sê ‘n daling in olie- en voedselpryse sal inflasie vanjaar op ‘n gemiddeld van 3,5 persent hou.
26 Feb 10AM 1 min

Namcor soek nuwe besturende direkteur

Maureen Hinda-Mbuende se termyn van ses maande as besturende direkteur van Namcor sal môre eindig, 'n dag na die sluitingsdatum vir aansoeke vir die permanente besturende direkteur-pos. Sy is aangestel na die verwydering van voormalige waarnemende besturende direkteur Victoria Sibeya in Augustus 2025. Volgens plaaslike media sal Hinda-Mbuende nie heraangestel…
26 Feb 10AM 1 min