Namdia en NamPol werk saam aan sekuriteit

Loading player...
Namdia en die Namibiese polisie het 'n ooreenkoms onderteken om sekuriteit in die land se diamantwaardeketting te verskerp en onwettige handel te bekamp. Die ooreenkoms kom na die berugte gewapende rooftog op 18 Januarie by Namdia se Windhoek-hoofkantoor. Die voorval het kwesbaarhede in die sektor blootgelê en oproepe vir sterker koördinering tussen Namdia en wetstoepassing verskerp. Kosmos 94.1 Nuus het met Hinasha Mdudje, Namdia se bestuurder van regs- en maatskappysekretariële dienste gepraat.
11 Dec 2025 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ekonomiese groei van 3,1% in 2026, voorsien Shafudah

Finansminister Ericah Shafudah is besig met die nasionale begroting vir die 2026-27-boekjaar. Die sentrale bank sê ‘n daling in olie- en voedselpryse sal inflasie vanjaar op ‘n gemiddeld van 3,5 persent hou.
26 Feb 10AM 1 min

Namcor soek nuwe besturende direkteur

Maureen Hinda-Mbuende se termyn van ses maande as besturende direkteur van Namcor sal môre eindig, 'n dag na die sluitingsdatum vir aansoeke vir die permanente besturende direkteur-pos. Sy is aangestel na die verwydering van voormalige waarnemende besturende direkteur Victoria Sibeya in Augustus 2025. Volgens plaaslike media sal Hinda-Mbuende nie heraangestel…
26 Feb 10AM 1 min