Windhoek, Walvis-lughawens voldoen aan internasionale vereistes

Loading player...
Die Namibiese Burgerlugvaartowerheid het onlangs 'n sertifikaat aan die Namibiese Lughawensmaatskappy oorhandig om te bevestig dat die Hosea Kutako Internasionale Lughawe en die Walvisbaai Internasionale Lughawe steeds voldoen aan internasionale vereistes veiligheids- en sekuriteitsvereistes. Hersertifisering van vliegvelde is 'n streng en omvattende proses wat aansienlike belegging in infrastruktuur noodsaak. Kosmos 94.1 Nuus het met Dan Kamati , die woordvoerder van die Lughawensmaatskappy, gepraat.
12 Dec 2025 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ekonomiese groei van 3,1% in 2026, voorsien Shafudah

Finansminister Ericah Shafudah is besig met die nasionale begroting vir die 2026-27-boekjaar. Die sentrale bank sê ‘n daling in olie- en voedselpryse sal inflasie vanjaar op ‘n gemiddeld van 3,5 persent hou.
26 Feb 10AM 1 min

Namcor soek nuwe besturende direkteur

Maureen Hinda-Mbuende se termyn van ses maande as besturende direkteur van Namcor sal môre eindig, 'n dag na die sluitingsdatum vir aansoeke vir die permanente besturende direkteur-pos. Sy is aangestel na die verwydering van voormalige waarnemende besturende direkteur Victoria Sibeya in Augustus 2025. Volgens plaaslike media sal Hinda-Mbuende nie heraangestel…
26 Feb 10AM 1 min