Ojtomuise-bib doen goed met rekenaars, internet

Loading player...
Die Kommunikasie-reguleringsowerheid van Namibië, Cran, het in Junie 2024 rekenaartoerusting en digitale dienste aan die Khomasdal Rössing-biblioteek en die Otjomuise-gemeenskapsbiblioteek geskenk om universele toegang tot inligting en digitale dienste te bevorder. Dit het ontvangers vir 'n tydperk van 24 maande toegerus met rekenaars en toegang tot gratis internet. Cran het die biblioteke besoek om die impak op die twee gemeenskappe te bepaal. Ella-Betty Chapoto, Cran se praktisyn vir verbruikersverhoudinge en voorspraak, gee meer inligting.
12 Dec 2025 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Sokker: Durban City pronk met Nedbankbeker

Durban City FC is as die 2026 Nedbankbeker-kampioene gekroon met prysgeld van sewe miljoen rand na 'n 2-1 oorwinning oor TS Galaxy by die nuwe Peter Mokaba-stadion in Polokwane, Limpopo. Mfanafuthi Mkhize het die telling in die tweede helfte gelyk gemaak voordat Jean Lwamba die wendoel aangeteken en vergoed het…
3 May 6AM 1 min

Miljoene vir nuwe pad in Ohangwena

Die vervoerministerie het amptelik distrikspad D4119 van Omulondo na Oshuuli in die Ohangwena-streek geopen, wat teen 'n koste van 53 miljoen Namibiese dollar gebou is. Die 23-kilometer lange pad is ontwikkel deur Namibies-Duitse samewerking. Ursula Hein-Rooinasie, sektorkoördineerder by die KfW Ontwikkelingsbank, sê Duitsland het tot dusver die konstruksie van meer…
3 May 5AM 1 min

NCC-leier beskuldig polisie van intimidasie

Die leier van die National Coloured Congress, Fadiel Adams, het die polisie van intimidasie en onwettige gedrag beskuldig na 'n klopjag op sy vorige huis in Mitchells Plain, Kaapstad. Adams beweer beamptes met kopmusse en sonder enige identifisering het die verkeerde adres geteiken en kon nie 'n lasbrief voorlê nie…
3 May 5AM 1 min

Gideon Nust se nuwe visekansalier

Die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie, Nust, het professor Frednand Gideon as die nuwe visekanselier aangestel, effektief 1 Augustus. Hy sal professor Andrew Niikondo opvolg, wat sedert Oktober 2025 in 'n waarnemende hoedanigheid dien. Nashilongo Gervasius, Nust se direkteur van korporatiewe betrokkenheid, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
3 May 4AM 1 min

Namibië steeds finansieel gesond, sê BoN

Ondanks globale onsekerheid meen Bank van Namibië se adjunkgoewerneur, Leonie Dunn, dat die land se finansiële landskap steeds stabiel is. Dit kom nadat die sentrale bank in samewerking met Namfisa die land se finansiële stabiliteitsverslag vrygestel het. Ten spyte van inflasionere onsekerheid is die bank- en nie-bank-sektore stabiel. Dunn is…
3 May 2AM 1 min