NSX beleef goeie jaar, vertoon veerkragtig

Loading player...
Die jaar 2025 was positief vir Namibië se aandelemark. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het die uitvoerende hoof van die Namibiese Sekuriteitebeurs, Tiaan Bazuin, gesê die Namibiese mark bly positief, met die sekuriteitebeurs wat agtste in die top 10 Afrikalande met die grootste aandelemark-handelsvolumes in 2025 is. Die beurs spog met 'n markkapitalisasie van ongeveer 2 triljoen Namibiese dollar, wat dit 'n beduidende finansiële instelling in Suider-Afrika maak.
12 Dec 2025 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ekonomiese groei van 3,1% in 2026, voorsien Shafudah

Finansminister Ericah Shafudah is besig met die nasionale begroting vir die 2026-27-boekjaar. Die sentrale bank sê ‘n daling in olie- en voedselpryse sal inflasie vanjaar op ‘n gemiddeld van 3,5 persent hou.
26 Feb 10AM 1 min

Namcor soek nuwe besturende direkteur

Maureen Hinda-Mbuende se termyn van ses maande as besturende direkteur van Namcor sal môre eindig, 'n dag na die sluitingsdatum vir aansoeke vir die permanente besturende direkteur-pos. Sy is aangestel na die verwydering van voormalige waarnemende besturende direkteur Victoria Sibeya in Augustus 2025. Volgens plaaslike media sal Hinda-Mbuende nie heraangestel…
26 Feb 10AM 1 min