Een vas na skietery by Brown Universiteit

Loading player...
Wetstoepassers het ʼn persoon van belang vasgetrek in verband met die skietvoorval by die Brown Universiteit in Amerika waarin twee studente dood is. Nege ander is beseer toe die 24-jarige Benjamin Erickson van Wisconsin Saterdag op mense by die Ivy League-universiteit in Providence, Rhode Island, losgebrand het. Die verdagte is vroeg gisteroggend by ʼn hotel in Coventry gearresteer. Providence se polisiehoof, Oscar Perez, sê hulle soek nie na nog verdagtes nie:
15 Dec 2025 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ekonomiese groei van 3,1% in 2026, voorsien Shafudah

Finansminister Ericah Shafudah is besig met die nasionale begroting vir die 2026-27-boekjaar. Die sentrale bank sê ‘n daling in olie- en voedselpryse sal inflasie vanjaar op ‘n gemiddeld van 3,5 persent hou.
26 Feb 10AM 1 min

Namcor soek nuwe besturende direkteur

Maureen Hinda-Mbuende se termyn van ses maande as besturende direkteur van Namcor sal môre eindig, 'n dag na die sluitingsdatum vir aansoeke vir die permanente besturende direkteur-pos. Sy is aangestel na die verwydering van voormalige waarnemende besturende direkteur Victoria Sibeya in Augustus 2025. Volgens plaaslike media sal Hinda-Mbuende nie heraangestel…
26 Feb 10AM 1 min