Unam-visekanselier gesels oor Afrika-Millimeter-teleskoop

Loading player...
Die Namibiese Afrika-Millimeter-teleskoop se omgewingsassesseringsproses is nou in sy omvangsfase. Die teleskoop op die Gamsberg sal 'n 14-meter-skottel hê en sal deel wees van die wêreldwye Event Horizon-teleskoopnetwerk. Die projek word gelei deur Unam se professor Michael Backes, Zandré Duvenhage, dr. Marc Klein Wolt en John Pallett. Kosmos 94.1 Nuus se Francois Lottering het gepraat met Unam se visekanselier, professor Kenneth Matengu, wat op die terrein was.
15 Dec 2025 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ekonomiese groei van 3,1% in 2026, voorsien Shafudah

Finansminister Ericah Shafudah is besig met die nasionale begroting vir die 2026-27-boekjaar. Die sentrale bank sê ‘n daling in olie- en voedselpryse sal inflasie vanjaar op ‘n gemiddeld van 3,5 persent hou.
26 Feb 10AM 1 min

Namcor soek nuwe besturende direkteur

Maureen Hinda-Mbuende se termyn van ses maande as besturende direkteur van Namcor sal môre eindig, 'n dag na die sluitingsdatum vir aansoeke vir die permanente besturende direkteur-pos. Sy is aangestel na die verwydering van voormalige waarnemende besturende direkteur Victoria Sibeya in Augustus 2025. Volgens plaaslike media sal Hinda-Mbuende nie heraangestel…
26 Feb 10AM 1 min