Mosambiekse lynminister verwelkom Lebombo ingryping

Loading player...
Die Mosambiekse minister van Vervoer en Logistiek, João Matlombe, sê die ooreengekome planne om verkeersopeenhoping by die Lebombo- en Ressano Garcia-grensposte te verlig, is daarop gemik om lang wagtye te verminder. Matlombe het met verwysing na grensamewerking gesê verbeterde verkeersvloei sal help om spitstye te bestuur en ongeluksrisiko's te verminder. Hy sê daar is tydens die feestyd meer reise tussen Suid-Afrika en Mosambiek, en alhoewel nie alle uitdagings onmiddellik opgelos sal word nie, is die maatreëls 'n stap vorentoe:
15 Dec 2025 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ekonomiese groei van 3,1% in 2026, voorsien Shafudah

Finansminister Ericah Shafudah is besig met die nasionale begroting vir die 2026-27-boekjaar. Die sentrale bank sê ‘n daling in olie- en voedselpryse sal inflasie vanjaar op ‘n gemiddeld van 3,5 persent hou.
26 Feb 10AM 1 min

Namcor soek nuwe besturende direkteur

Maureen Hinda-Mbuende se termyn van ses maande as besturende direkteur van Namcor sal môre eindig, 'n dag na die sluitingsdatum vir aansoeke vir die permanente besturende direkteur-pos. Sy is aangestel na die verwydering van voormalige waarnemende besturende direkteur Victoria Sibeya in Augustus 2025. Volgens plaaslike media sal Hinda-Mbuende nie heraangestel…
26 Feb 10AM 1 min