Namibië vorder puik met bekamping van finansiële misdade

Loading player...
Die Finansiële Intelligensiesentrum het voortgesette vordering in Namibië se pogings om geldwassery en finansiële misdaad te bekamp gerapporteer, soos weerspieël in die 2025 Basel Teengeldwassery- en Finansiële Misdaadrisiko-indeks. Die beter vertoning beklemtoon die land se versterkte verdedigingsmaatreëls en sy verbintenis tot die beskerming van die integriteit van die finansiële stelsel, sê die FIC. Namibië moet nietemin waaksaam bly en onder meer sy pogings opskerp om die land van die Finansiële Aksietaakmag se gryslys te laat verwyder. Melintha Fleermuys, waarnemende hoofbestuurder van die departement van analise en wetstoepassingondersteuning, verduidelik:
15 Dec 2025 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ekonomiese groei van 3,1% in 2026, voorsien Shafudah

Finansminister Ericah Shafudah is besig met die nasionale begroting vir die 2026-27-boekjaar. Die sentrale bank sê ‘n daling in olie- en voedselpryse sal inflasie vanjaar op ‘n gemiddeld van 3,5 persent hou.
26 Feb 10AM 1 min

Namcor soek nuwe besturende direkteur

Maureen Hinda-Mbuende se termyn van ses maande as besturende direkteur van Namcor sal môre eindig, 'n dag na die sluitingsdatum vir aansoeke vir die permanente besturende direkteur-pos. Sy is aangestel na die verwydering van voormalige waarnemende besturende direkteur Victoria Sibeya in Augustus 2025. Volgens plaaslike media sal Hinda-Mbuende nie heraangestel…
26 Feb 10AM 1 min