Landbousektor sal swakker vertoon in 2025: BoN

Loading player...
Die Bank van Namibië voorspel 'n inkrimping van 4,2 persent in die landbou-, bosbou- en visserysektor in 2025, meer as die 2,7 persent afname in 2024. Dit word hoofsaaklik gedryf deur 'n skerp daling in veeteelt, wat na verwagting met 22,5 persent sal sak weens kleiner kuddes en beperkte voer na die 2024-droogte. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Emilie Abraham, die Namibiese Akkerbouraad se tuinbou- en ontwikkelingsbestuurder, oor die situasie met gewasse.
15 Dec 2025 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ekonomiese groei van 3,1% in 2026, voorsien Shafudah

Finansminister Ericah Shafudah is besig met die nasionale begroting vir die 2026-27-boekjaar. Die sentrale bank sê ‘n daling in olie- en voedselpryse sal inflasie vanjaar op ‘n gemiddeld van 3,5 persent hou.
26 Feb 10AM 1 min

Namcor soek nuwe besturende direkteur

Maureen Hinda-Mbuende se termyn van ses maande as besturende direkteur van Namcor sal môre eindig, 'n dag na die sluitingsdatum vir aansoeke vir die permanente besturende direkteur-pos. Sy is aangestel na die verwydering van voormalige waarnemende besturende direkteur Victoria Sibeya in Augustus 2025. Volgens plaaslike media sal Hinda-Mbuende nie heraangestel…
26 Feb 10AM 1 min