Kaapse owerhede sê 'moenie 'n padvark wees nie'

Loading player...
Die Stad Kaapstad sê hy gaan in die feestyd sy “Moenie 'n padvark wees nie”-veldtog voortsit wanneer verkeersvolumes toeneem. Die veldtog sal voorkombare verkeersopeenhopings bekamp wat veroorsaak word deur bestuurders wat kruisings versper. Dis ʼn oortreding van verkeersregulasies en lei tot verkeersknope. Die burgemeesterskomiteelid vir Stedelike Mobiliteit, Rob Quintas, sê 140 boetes is uitgereik sedert die veldtog begin het:
15 Dec 10PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Landbou sê oor voëlgriep by Lüderitz

Die landbouministerie het meer inligting bekend gemaak na sy direktoraat van veeartsenydienste ’n uitbreking van H5N1-hoëpatogeniese voëlgriep onder gewone sterretjies op Lüderitz bevestig. Intussen toon sowat 30 voëls op Mercury-eiland naby Lüderitz ook tekens van die siekte, wat vermoedelik deur migrasievoëls versprei is. Kosmos 94.1 Nuus het met die ministerie…
16 Dec 3AM 1 min

Wes-Kaap sukkel met masels, difterie

Die Wes-Kaap ervaar tans ‘n uitbreking van masels in verskeie gebiede sowel as difterie in dele van die Kaapse Metropool. Die toename in maselsgevalle is nie uniek aan die Wes-Kaap nie, aangesien Suid-Afrika tans 'n afname in die opname van kinderinentings in die gesig staar, wat 'n ernstige risiko vir…
16 Dec 3AM 1 min

KZN-premier verdedig

Die IVP LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake in KwaZulu-Natal, Thulasizwe Buthelezi, sê die premier, Thami Ntuli, se ampstermyn van 18-maande het vordering getoon vergeleke met vorige administrasies. Buthelezi het die wetgewer toegespreek tydens 'n mosie van wantroue en vordering in wet en orde, ekonomiese groei en dienslewering geprys…
16 Dec 2AM 1 min

Huldeblyke stroom in vir Rob Reiner

Huldeblyke stroom in vir die ontslape Hollywood-regisseur Rob Reiner. Hy en sy vrou is Sondag met meswonde, dood aangetref by hulle woning in Brentwood, Los Angeles. Sy seun, Nick, is intussen gearresteer. Reiner was uiters liberaal en was baie betrokke by die Demokrate. Kalifornië-goewerneur Gavin Newsom het met CNN gepraat.
16 Dec 2AM 1 min

Groot kerngeleentheid in Oktober '26

Namibië berei voor om sowat 250 kundiges van regoor die wêreld en ongeveer 150-ton toerusting te huisves wanneer die land die volgende inspeksie ter plaatse van die Kerntoetsverbod-verdragsorganisasie in Oktober volgende jaar aanbied. Magdelena Shipiki, kenner van buitelandse betrekkinge by die ministerie van internasionale betrekkinge, sê die toets word gedoen…
16 Dec 1AM 1 min