Huldeblyke stroom in vir Rob Reiner

Loading player...
Huldeblyke stroom in vir die ontslape Hollywood-regisseur Rob Reiner. Hy en sy vrou is Sondag met meswonde, dood aangetref by hulle woning in Brentwood, Los Angeles. Sy seun, Nick, is intussen gearresteer. Reiner was uiters liberaal en was baie betrokke by die Demokrate. Kalifornië-goewerneur Gavin Newsom het met CNN gepraat.
16 Dec 2025 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ekonomiese groei van 3,1% in 2026, voorsien Shafudah

Finansminister Ericah Shafudah is besig met die nasionale begroting vir die 2026-27-boekjaar. Die sentrale bank sê ‘n daling in olie- en voedselpryse sal inflasie vanjaar op ‘n gemiddeld van 3,5 persent hou.
26 Feb 10AM 1 min

Namcor soek nuwe besturende direkteur

Maureen Hinda-Mbuende se termyn van ses maande as besturende direkteur van Namcor sal môre eindig, 'n dag na die sluitingsdatum vir aansoeke vir die permanente besturende direkteur-pos. Sy is aangestel na die verwydering van voormalige waarnemende besturende direkteur Victoria Sibeya in Augustus 2025. Volgens plaaslike media sal Hinda-Mbuende nie heraangestel…
26 Feb 10AM 1 min