Landbou sê oor voëlgriep by Lüderitz

Loading player...
Die landbouministerie het meer inligting bekend gemaak na sy direktoraat van veeartsenydienste ’n uitbreking van H5N1-hoëpatogeniese voëlgriep onder gewone sterretjies op Lüderitz bevestig. Intussen toon sowat 30 voëls op Mercury-eiland naby Lüderitz ook tekens van die siekte, wat vermoedelik deur migrasievoëls versprei is. Kosmos 94.1 Nuus het met die ministerie se woordvoerder Simon Nghipandulwa gepraat.
16 Dec 2025 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ekonomiese groei van 3,1% in 2026, voorsien Shafudah

Finansminister Ericah Shafudah is besig met die nasionale begroting vir die 2026-27-boekjaar. Die sentrale bank sê ‘n daling in olie- en voedselpryse sal inflasie vanjaar op ‘n gemiddeld van 3,5 persent hou.
26 Feb 10AM 1 min

Namcor soek nuwe besturende direkteur

Maureen Hinda-Mbuende se termyn van ses maande as besturende direkteur van Namcor sal môre eindig, 'n dag na die sluitingsdatum vir aansoeke vir die permanente besturende direkteur-pos. Sy is aangestel na die verwydering van voormalige waarnemende besturende direkteur Victoria Sibeya in Augustus 2025. Volgens plaaslike media sal Hinda-Mbuende nie heraangestel…
26 Feb 10AM 1 min