Mynbousektor behou steeds momentum

Loading player...
Namibië se mynbousektor ondersteun steeds die ekonomie en toon bestendige momentum in Oktober ten spyte van wêreldwye teenwinde. Nuwe syfers toon dat mineraaluitvoere die September-handel oorheers het, met uraan wat 21,1 persent van die totale uitvoere uitgemaak het, gevolg deur diamante met 19,8 persent, goud met 10,7 persent, en nikkelerts en konsentrate met 5,6 persent. Kosmos 94.1 Nuus het met die ekonoom van die Kamer van Mynwese, Ruusa Kambonde, gepraat:
16 Dec 2025 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ekonomiese groei van 3,1% in 2026, voorsien Shafudah

Finansminister Ericah Shafudah is besig met die nasionale begroting vir die 2026-27-boekjaar. Die sentrale bank sê ‘n daling in olie- en voedselpryse sal inflasie vanjaar op ‘n gemiddeld van 3,5 persent hou.
26 Feb 10AM 1 min

Namcor soek nuwe besturende direkteur

Maureen Hinda-Mbuende se termyn van ses maande as besturende direkteur van Namcor sal môre eindig, 'n dag na die sluitingsdatum vir aansoeke vir die permanente besturende direkteur-pos. Sy is aangestel na die verwydering van voormalige waarnemende besturende direkteur Victoria Sibeya in Augustus 2025. Volgens plaaslike media sal Hinda-Mbuende nie heraangestel…
26 Feb 10AM 1 min